Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Juventus-ster toets positief vir koronavirus

“Julle sal in die nuus lees dat ek positief vir die virus getoets het en dit is waarom ek diegene wat bekommerd oor my is, gerus wil stel dat ek oukei is.”

So het Daniele Rugani (26), die sokkerspeler van die klub Juventus, vroeg Donderdagoggend op Twitter geskryf nadat hy positief vir die nuwe koronavirus (Covid-19) getoets het.

Die sokkerster Cristiano Ronaldo speel ook vir die klub.

Daniele Rugani, die Italiaanse sokkerspeler, het positief vir die nuwe koronavirus (Covid-19) getoets. Foto: Getty Images

Rugani, ’n Italiaanse burger, sê in sy verklaring die virus maak nie onderskeid tussen mense nie en daarom moet almal die maatreëls nakom wat ten opsigte van die virus ingestel is.

“Kom ons doen dit vir onsself, vir ons geliefdes en vir almal om ons. Dankie,” lui Rugani se boodskap.

Dit kom nadat talle publikasies berig het dat hy positief getoets het en Juventus dit in ’n verklaring bevestig het.

Volgens die verklaring toon hy tans geen simptome van die virus nie, hoewel hy positief getoets het.

Dié Italiaanse sokkerklub sê hy kom al die isolasiemaatreëls na en prosedures is ook ingestel vir die isolasie van mense wat met Rugani in kontak was.

Reuters berig Rugani het Sondag gedurende ’n tuiswedstryd teen Inter Milan op die bank bly sit.

Ronaldo was nie Woensdag by die oefensessie nie omdat hy na Madeira gereis het.

’n Bron het aan Reuters gesê al Juventus se spelers sal vir Covid-19 getoets word en twee weke lank in isolasie wees. – Saamgestel deur Meghan Lawrence




Meer oor:  Juventus  |  Cristiano Ronaldo  |  Italië  |  Covid-19  |  Sokker  |  Koronavirus  |  Korona
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.