Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
SA amper by 42 000 sterftes

Suid-Afrika se sterftesyfer is byna by die 42 000-kerf nadat Dinsdagaand weer byna 700 addisionele sterftes aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, sê die land se sterftesyfer het Dinsdag met 680 gestyg, met KwaZulu-Natal wat die meeste nuwe sterftes aangemeld het.

Dié provinsie het 306 sterftes aangeteken met Gauteng wat met 141 sterftes die tweede meeste nuwe sterftes aangemeld het.

Die Oos-Kaap en die Wes-Kaap wat onderskeidelik met 10 233 en 9 996 die meeste en tweede meeste algehele sterftes in die land aangemeld het, se sterftesyfer het onderskeidelik met 86 en 95 nuwe sterftes gestyg.

Volgens Mkhize het die Vrystaat se sterftesyfer met 28 gestyg en Mpumalanga s’n met 18, terwyl Limpopo (4) en die Noord-Kaap (2) die ander provinsies is wat sterftes aangeteken het.

Noordwes is die enigste provinsie wat nié Dinsdag sterftes aangemeld het nie.

Suid-Afrika het Dinsdagaand weer ’n lae nuwe daaglikse styging aangemeld.

Mkhize sê die land se nuwe koronavirusgevalle het met 6 041 nuwe gevalle toegeneem. Naas Maandag se lae syfer van 4 551 nuwe gevalle, is hierdie syfer die laagste nuwe styging sedert 9 Desember toe Mkhize aangekondig het dat die land amptelik in ’n tweede vlaag is.

KwaZulu-Natal het 2 079 nuwe gevalle aangeteken en Gauteng 1 333.

Die ander sewe provinsies het almal minder as 1 000 nuwe gevalle aangemeld met Limpopo wat met 735 nuwe gevalle die derde meeste gevalle in die land aangemeld het.

Die Wes-Kaap en Oos-Kaap, wat die eerste brandpunte in Desember was, het onderskeidelik 366 en 307 nuwe gevalle aangemeld.

Die Noord-Kaap het met 70 nuwe gevalle die laagste styging aangemeld.

Die departement van gesondheid het Dinsdag gesê hulle moet die nuwe lae stygings oor ’n tydperk van sewe dae monitor.

Meer oor:  Zweli Mkhezi  |  Covid 19  |  Koronavirus  |  Tweede Vlaag  |  Pandemie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.