Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
SA dalk gou terug op Vlak 2, drankverkope in spervuur

Jackson Mthembu, minister in die presidensie, het Sondag bevestig dat pres. Cyril Ramaphosa Sondagmiddag met die nasionale koronavirusbevelsraad sal vergader rakende die huidige stand van die koronaviruspandemie in Suid-Afrika.

Hy wou egter nie uitwei oor wat presies bespreek sal word of wanneer Ramaphosa die land sal toespreek nie.

Pres. Cyril Ramaphosa

Dokters versoek egter dat die regering die land terug op vlak 2 van die staat van inperking plaas. Dit is om hospitale landwyd te help om die druk van stygende koronavirusinfeksies te kan hanteer.

Netwerk24 het betroubaar verneem dokters het ‘n pleidooi gelewer vir strenger inperkings omdat die hospitale in veral brandpunte steier onder die druk van Covid-19-pasiënte, asook pasiënte wat weens drankverwante voorvalle by die hospitale opdaag.

Daar is gevra dat daar veral na regulasies oor die verkope van drank gekyk word. Die verwagting is ook dat daar strenger beperkings gaan wees op die hoeveelheid mense wat mag bymekaar kom en dat die land se grense gaan sluit. – Llewellyn Prince

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Inperking  |  Covid-19  |  Drankverkope  |  Dokters  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.