Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
SA in 3de vlaag

Dit is amptelik: Suid-Afrika is nou in die derde vlaag van koronavirusinfeksies.

Die Nasionale Instituut van Oordraagbare Siektes (Nios) het Donderdagaand dié aankondiging gemaak.

Nios het in ’n verklaring bekend gemaak daar is Donderdag 9 149 nuwe koronavirusgevalle aangemeld.

Die meerderheid van hierdie gevalle is van Gauteng (5 597 of 61%), gevolg deur die Wes-Kaap (10%). Die Vrystaat en Noord-Kaap het elk tot sowat 6% van die dag se gevalle bygedra. Daar is volgens Nios in die laaste 24 uur ook 844 nuwe pasiënte wat ernstig siek is aan Covid-19 in hospitale opgeneem.

Die kriteria waarvolgens die aanvang van ’n nuwe vlaag bepaal word, is gegrond op ’n uiteensetting wat verlede jaar deur die regering se ministeriële advieskomitee oor Covid-19 saamgestel is. Daarvolgens begin ’n nuwe vlaag sodra die sewe-dag- bewegende gemiddelde die 30%-vlak van ’n vorige vlaag se piek bereik.

Netwerk24 het voorheen van ’n betroubare bron na aan die regering verneem Suid-Afrika moet ’n sewe-dag- bewegende gemiddelde van 5 665 oorsteek om amptelik ’n derde vlaag te betree. Met meer as 9 000 nuwe gevalle Donderdag staan die sewe-dag- bewegende gemiddelde volgens Nios op 5 959.

Kriteria soos die positiwiteitskoers word ook in ag geneem wanneer daar oor nuwe vlae gepraat word. Die positiwiteitsdrempel vir ’n volgende vlaag is 10%, wat beteken minstens 10% van al die toetse wat gedoen word, is positief.  Nios het Woensdag al bekend gemaak die positiwiteitskoers is 16,5%, nadat 8 881 nuwe gevalle op die dag aangemeld is. Donderdag was die positiwiteitskoers 15,7%.

’n Minder belangrike aanduider, die R-waarde (reproduksiewaarde), is ook op die oomblik meer as een. Die R-waarde is die aanname dat ’n persoon wat die virus onder lede het ’n sekere getal mense gaan aansteek. As R gelyk is aan een, beteken dit elke siek mens sal waarskynlik een ander mens aansteek. ’n Stygende R-waarde wys daar is meer en meer draers van virusse wat meer mense kan aansteek.

Meer oor:  3De Vlaag  |  Koronavirus  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.