Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
SA praat met Russe, Chinese oor entstof

Suid-Afrika se onderhandelings met Russiese en Chinese vervaardigers van Covid-19-entstowwe is tans in “ ’n gevorderde stadium”, sê adj.pres. David Mabuza.

“Ondanks die terugslae wat ons tot dusver beleef het met eers die AstraZeneca- en later die Johnson & Johnson-entstof, stoom ons voort met ons inentingsprogram. Ons hoop dit is net tydelike terugslae. Ons sal aan die ander kant uitkom.

“Ons gaan voort om groepsimmuniteit te probeer bereik omdat ons ontslae wil raak van die Covid-19-probleem,” het Mabuza verder gesê toe hy Dinsdagmiddag in die Nasionale Raad van Provinsies vrae van LP’s beantwoord het.

Hy is voorsitter van die interministeriële komitee oor die Covid-19-inentingsprogram.

Mabuza het bygevoeg onderhandelinge met vervaardigers van die Russiese Sputnik V en Chinese Sinovac duur voort en is in ’n gevorderde stadium.

“Ons doen ook ons bes om bykomende dosisse entstof deur Covax te kry.”

Mabuza het bygevoeg mense moet te midde van die styging in die getal infeksies streng hou by die gesondheidsmaatreëls om te keer dat dit nóg verder styg.

• Volg Netwerk24 vir meer hieroor.

Meer oor:  David Mabuza  |  Entstowwe  |  Koronavirus  |  Inentings  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.