Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
SA sluit sy deure vir passasiers uit hoërisiko-lande

Suid-Afrika het Vrydag sy deure gesluit vir passasiers op vlugte uit Italië, Spanje, China, Frankryk, Brittanje, die VSA, Duitsland, Suid-Korea en Iran.

Fikile Mbalula, minister van vervoer. Foto: Felix Dlangamandla

Fikile Mbalula, minister van vervoer, het Vrydagaand gesê Suid-Afrika se lughawens bly egter oop en Suid-Afrikaners in die buiteland kan wel terugkeer.

Burgers van bogenoemde agt hoërisiko-lande sal egter nie toegelaat word om die land te betree nie.

Volgens Mbalula mag die bemanning van sulke vlugte wat Vrydag in Suid-Afrika geland het, wel van die vliegtuie afklim, maar hulle sal dadelik onder kwarantyn geplaas word.

Hul passasiers sal nie in Suid-Afrika toegelaat word nie.

Volgens Acsa het daar Vrydag 26 vlugte uit hoërisiko-lande in Suid-Afrika geland – 20 by O.R. Tambo, vyf in Kaapstad en een in Durban.

Daar was 270 Suid-Afrikaners op dié vlugte en hulle is almal onder kwarantyn geplaas.

Die Suid-Afrikaners is ondersoek en monsters vir die koronatoets is op die vliegtuie geneem voordat hulle per bus na kwarantyngeriewe geneem is.

Daar was ook Duitse passasiers op ’n private vlug wat teruggestuur is huis toe.

Vrydag se reisverbod-maatreëls volg kort op die hakke van nuus dat die getal bevestigde gevalle van die virus in Suid-Afrika nou reeds op minstens 202 staan.

Geen vlugte uit hoërisiko-lande is die Suid-Afrikaanse lugruim verbied nie en geen vliegtuie word op die grond gehou nie. Enige vlug wat uit ’n hoërisiko-land in Suid-Afrika aankom, sal egter volgens dieselfde protokol hanteer word.

Volgens Bongani Maseko, uitvoerende hoof van Acsa, word Vrydag se hoërisiko-vlugte deur die lugdienste SAL, British Airways, Air China, Virgin, Lufthansa, Air France en Al Italia bedryf.

Acsa hanteer alle sulke vlugte volgens riglyne wat deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) opgestel is.

Acsa hanteer alle sulke vlugte volgens riglyne wat deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) opgestel is.

Volgens Mbalula is mense wat in Suid-Afrika ander vlugte moes haal, met hul aankoms weggewys.

Die minister het te kenne gegee dat die groot getal Suid-Afrikaners wat hulle nou gevolglik onder kwarantyn bevind, wel ’n “groot uitdaging” is, maar dat die regering Suid-Afrikaners wat graag wil huis toe kom moet help.

Die regering se prioriteit is in dié stadium om die belange van Suid-Afrika eerste te stel, het Mbalula gesê.

Hy het benadruk dat mense eerder moet bly waar hulle is en ophou reis.

Op die vraag wat van die Suid-Afrikaners word wat in die land aankom, sê Mbalula die mense kan nie onmiddellik na hul huise terugkeer nie. Hy wou nie meer inligting verskaf nie, behalwe om te sê dat hulle deur die departement van gesondheid in kwarantyn in ’n geïsoleerde gebied gehou word.

Meer oor:  Sal  |  Fikile Mbalula  |  Iran  |  Duitsland  |  Brittanje  |  Spanje  |  Italië  |  Suid-Korea  |  China  |  Frankryk  |  Koronavirus  |  Virus  |  Covid 19-Virus  |  Koronavirussiekte  |  Vlugte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.