Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
SA studente in Kuba se lot steeds onseker

Die meer as 500 Suid-Afrikaanse mediese studente wat volgens nuusberigte in haglike omstandighede in Kuba gestrand is met beperkte toegang tot kos en water, het plaaslike owerhede steeds bekommerd.

Die studente het verlede jaar hul vyfde jaar voltooi en moes al in Desember terug op eie bodem gewees het, maar kon weens Covid-19-maatreëls nie terugkeer nie.

Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (Sama) het ’n dringende beroep op die nasionale departement van gesondheid gedoen om die mediese studente terug te bring huis toe.

Dr. Angelique Coetzee, Sama-voorsitter, sê dit is nog nie duidelik of die departement die geld vir hul terugvlug Woensdag betaal het, soos ooreengekom is nie.

Sy is egter bly dat die departement twee vlugte gereël het om die studente terug te bring.

Die departement het nie op navrae gereageer nie.

Die studente het glo sedert Mei vanjaar ook nie hul ooreengekome toelae van $200 per maand ontvang nie.

Die Suid-Afrikaanse departement van gesondheid betaal hierdie toelae.

Coetzee sê hulle het begrip daarvoor dat die pandemie dit moeilik gemaak het om die studente huis toe te bring, maar dit is die departement se plig om al die moontlike te doen om hulle terug te bring.

“Om die stories te lees en foto’s van hul omstandighede te sien, is hartverskeurend. Dit maak ’n mens kwaad dat die situasie so erg versleg het.

“Hoe langer hul terugkoms uitgestel word, hoe erger sal hul fisieke en geestelike gesondheid agteruitgaan. Dit is ’n situasie wat ons nie kan toelaat nie,” sê Coetzee.

Meer oor:  Dr. Angelique Coetzee  |  Kuba  |  Gestrand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.