Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
SA uiters gelukkig met daling in infeksies, sê Mkhize

Suid-Afrika is tans in ’n uiters gelukkige posisie met sy Covid-19-siektelas wat drasties afgeneem het, die gesondheidstelsel wat weer asemhaal en tot 90% van aangesteekte mense wat reeds herstel het, se dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid.

Mkhize waarsku egter dat soos Suid-Afrika na vlak 1 van die staat van inperking geskuif het, kan die risiko vir oorgerustheid onder Suid-Afrikaners “ons grootste terugslag word wat tot ’n tweede vlaag van infeksies kan lei, wat meer verwoestend as die eerste kan wees soos reeds in baie ander lande gesien word”.

Mkhize het Dinsdagoggend die hoofrede op ’n webinaar van die departement van gesondheid se amptelike viering van Wêreldomgewingsgesondheidsdag gelewer.

Volgens Mkhize is Suid-Afrika se huidige situasie te danke aan gesondheidswerkers, wat ook omgewingsgesondheidspraktisyns insluit, se volgehoue stryd om die land teen die koronaviruspandemie te beskerm.

Oor ’n moontlike tweede vlaag het Mkhize gesê Suid-Afrikaners moet net so waaksaam en versigtig soos voorheen wees en besef dat die risiko om terug te gaan na ’n strenger vlak van inperking ’n werklikheid bly.

“Ons kan nooit toelaat dat die virus onstuitbaar word en massiewe lewensverlies veroorsaak nie.”

Hy het ook sy medelye uitgespreek met die naasbestaandes van alle Suid-Afrikaners, gesondheidswerkers ingesluit, wat tot dusver aan Covid-19 dood is.

Meer oor:  Mkhize  |  Koronavirus  |  Herstelkoers  |  Pandemie  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.