Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
SA wil voor Kersfees 35 m. met minstens 1 dosis inent

Suid-Afrika mik daarna om teen Kersfees minstens een dosis van ’n Covid-19-entstof aan 35 miljoen van sy bevolking van 60 miljoen toe te dien, het dr. Nicholas Crisp, adjunk-direkteur-generaal van gesondheid, Woensdagaand op ’n parlementêre sitting gesê.

Crisp het bygevoeg dat sowat 25 000 dosisse entstof óf gebuit óf verwoes is tydens verlede week se opstande in dele van Gauteng en KwaZulu-Natal.

Hoewel Suid-Afrika se inentingsprogram met ’n slakkepas aan die gang gekom het, begin die program nou spoed optel en is meer as 250 000 inentings die afgelope 24 uur gedoen.

Suid-Afrika het tot dusver 5,8 miljoen dosisse van Johnson & Johnson se entstof (wat slegs een dosis behels) en Pfizer se entstof (wat twee dosisse behels) toegedien.

Volgens Crisp is die verlies aan entstowwe tydens die plundery en geweld verlede week “nie groot nie, maar is elke entstofdosis wat verlore gaan, ’n verlore geleentheid”.

Hy sê ’n tweede spits word weens verlede week se oproer tydens die derde vlaag van die pandemie in verwag. “Ons weet nie hoe groot dit gaan wees nie . . . maar dit sal moontlik binne sewe tot tien dae sigbaar wees nadat mense in groepe saambeweeg het en die virus oorgedra het.”

Suid-Afrika het tans sowat 15 dae se entstof-voorraad, maar is vol vertroue dat die inentingsprogram uitgebou sal kan word en dat sy entstofdosisse nie sal opdroog nie.

Volgens Crisp is daar tot einde Oktober die vooruitsig van baie dosisse wat die land sal binnekom. – Reuters

Meer oor:  Nicholas Crisp  |  Covid-1  |  Inenting  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.