Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Saak teen vrou wat maak of sy koronavirus het

Die Oos-Kaapse departement van gesondheid gaan ’n klag by die polisie indien teen ’n vrou wat gelieg het toe sy sê sy het die koronavirus onder lede.

Luidens ’n verklaring het dié vrou Saterdag voorgegee sy is met die virus besmet en het haarself by die Grey-hospitaal in King William’s Town laat ondersoek.

Die vrou het beweer sy is ’n werknemer van ’n man wat onlangs teruggekeer het van Italië met die dodelike virus.

’n 38-jarige KwaZulu-Natalse man is die eerste Suid-Afrikaner by wie die virus Donderdag geïdentifiseer is nadat hy op 1 Maart van Italië teruggekom het.

Grey Provincial Hospital King Williams Town
Grey Provinsiale Hospitaal in King William's Town. Foto: Google Maps

Volgens die departement het die vrou geweier om haar besonderhede of inligting haar sogenaamde besmette werkgewer aan die hospitaalpersoneel te verskaf. Nadat daar uiteindelik met haar familie gepraat is, is vasgestel dat sy gelieg het. Haar familielede het bevestig dat sy werkloos is.

Dokters en verpleegsters het intussen die vrou getoets en stappe gedoen om te verseker dat sy geïsoleer is.

“Die moontlikheid dat die koronavirus in die Oos-Kaap uitgeslaan het, het onnodige paniek veroorsaak onder die hospitaalpersoneel en verpleegsters in die Grey-hospitaal,” sê die Oos-Kaapse gesondheidsdepartement.

“Die kinderagtige en selfsugtige poets word skerp veroordeel. Mense wat aandag soek, moet ander maniere vind om dit te kry eerder as om te lieg oor ’n wêreldwye krisis.”

Daar is ook ’n stemnota wat op sosiale media versprei word van ’n man wat beweer daar is ’n bevestigde geval van Covid-19 by Beacon Bay-hospitaal in Oos-Londen.

Dit blyk ook ’n poets te wees, lui die verklaring.

“Die koronavirus wat al meer as 3 000 lewens wêreldwyd geëis het, is geen grap nie. Weens die erns van die virus gaan die Oos-Kaapse departement van gesondheid ’n klag by die polisie indien teen die vrou.”

Die vrou se familie het aan die departement bevestig dat sy nie ’n geskiedenis van geestesongesteldheid het nie, en daarom gaan die polisie betrek word.

Die departement het ook ’n beroep gedoen op wetstoepassers om al die moontlike te doen om die man op te spoor wat die stemnota met die vals inligting opgeneem en versprei het.

Meer oor:  King William’S Town  |  Fopnuus  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.