Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
SAKP vra strenger stappe teen listeriose

Die SAKP verwelkom die regering se beslissende optrede met die listeriose-uitbreking, maar vra strenger wetgewing en regulasies vir die voedselbedryf.

Alex Mashilo, SAKP-woordvoerder, het Vrydag gesê terwyl meer as 180 mense aan listeriose dood is en byna ’n duisend siek geword het, is alle Suid-Afrikaners aan besmetting blootgestel.

Hy doen ’n beroep op die regering om Tiger Brands aanspreeklik te hou. “Swaar boetes moet opgelê word vir die nalatigheid by Tiger Brands en Rainbow Chicken se fabrieke.”

Alex MashiloFoto: Daily Sun

Die bron van die uitbreking is glo Enterprise Foods se fabriek in Polokwane. Tiger Brands, Enterprise se eienaar, ontken egter dat daar vaste bewyse is dat hy vir die besmetting verantwoordelik is.

Die Listeria monocytogenes-bakterie is ook gevind in die fabriek in die Vaaldriehoek waar RCL Foods se Rainbow-polonie vervaardig word, hoewel dit nog onseker is of dit ook van die dodelike ST6-stam is.

Dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, het Donderdag in die parlement gedreig om die twee maatskappye te straf.

Hy het ook gesê die regering sal die familielede van die slagoffers help as hulle eise teen die maatskappye wil instel. Hy het Suid-Afrikaners versoek om steeds polonie en ander kouevleis-produkte te vermy.

Julius Malema, EFF-leier, het gesê sy party gaan ’n groepsgeding instel teen die ondernemings wat by die listeriose-uitbreking betrek word.

Mashilo het in ’n verklaring gesê Tiger Brands en Rainbow Chicken moet, soos wat die regering in die Life Esidimeni-geval gedoen het, die families van die oorledenes vir hul verlies asook mediese en ander onkostes vergoed.

Die SAKP eis dat die maatskappye se werkers ook op hul onkoste medies getoets word en dat hul werksure aangepas word.

Die party meen ook die Grondwet en wetgewing wat gesondheidsinspeksies reguleer, moet in sy geheel hersien word om die nasionale departement van gesondheid die algehele verantwoordelik oor gesondheidsinspeksies te gee. Munisipaliteite, veral dié in landelike gebiede, het nie almal die vermoë om inspeksies te laat doen nie.

“Die prosedures vir die hantering van voedsel in winkels, restaurante, hotelle en oral waar kos voorberei en bedien word, moet ook hersien en gereguleer word om kruisbesmetting nou en in die toekoms te verhoed,” het Mashilo gesê.

Meer oor:  Tiger Brands  |  Julius Malema  |  Listeriose  |  Esidimeni-Tragedie  |  Sakp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.