Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Sama steun kwytskelding van patentregte op entstowwe

Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (Sama) neem met hartseer kennis dat nog net 2% van die bevolkings in lae- en middelinkomste-lande teen die koronavirus ingeënt is, sê die vereniging Woensdag in ’n verklaring.

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie benodig die wêreld tien miljard dosisse entstof om te verhoed dat die Covid-19-katastrofe in ontwikkelende lande posvat.

Dit is om dié rede dat Sama ten volle die wêreldwye inisiatief van die Suid-Afrikaanse en Indiese regering ondersteun vir die tydelike Kwytskelding van Handelsverwante Aspekte van Intellektuele Eiendomsreg (oftewel Trips) op entstowwe, om sodoende die wêreldwye toegang tot entstowwe te verbeter.

Sama glo dat die wêreld net veilig van die pandemie sal wees wanneer alle burgers ingeënt is – ongeag hul nasionaliteit, lui die verklaring.

Sama beplan om dié inisiatiewe aktief te ondersteun deur ’n spesiale taakspan op die been te bring om met die Koalisie van Nasionale Mediese Verenigings (Canmas), die Indiese Mediese Vereniging en uiteindelik die Wêreld Mediese Vereniging te skakel om stukrag te verleen aan alle wêreldwye inisiatiewe wat toegang tot entstowwe bevorder.

Sama verwelkom die ondersteuning van die Franse en Amerikaanse regering, maar beplan om saam met die Suid-Afrikaanse en Indiese regerings te werk om die Afrika-Unie en Brics-lande te werf om openlik die inisiatief te ondersteun wat die ongelykhede in die wêreld se gesondheidsektor takel.

Sama sal steeds alle rolspelers betrek by pogings om die belangrikste wêreldwye gesondheidskwessies aan te pak, veral waar mense in lae- en middelinkomstelande geraak word, lui die verklaring.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.