Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
SA’ners baie ongelukkiger as ander tydens inperking

Navorsers sê Suid-Afrikaners se vlak van geluk het in vergelyking met twee ander lande, Australië en Nieu-Seeland, die meeste gedurende die onderskeie inperkings in hierdie drie lande gedaal.

Prof. Talita Greyling van die Universiteit van Johannesburg en dr. Stephanie Rossouw van die Auckland University of Technology in Nieu-Seeland het in samewerking met Afstereo, ’n plaaslike data-insamelingsmaatskappy, navorsing oor dié drie lande se vlak van geluk tydens die inperkings gedoen.

Data oor die dinge waaroor die verskillende lande se burgers twiet, is vir die navorsing gebruik.

Die drie lande is baie uiteenlopend. Nieu-Seeland is ’n eiland-ekonomie met ’n klein bevolking van 5,5 miljoen mense. Hul gemiddelde vlak van geluk, volgens die navorsing, is 7,14 (uit 10) vir 2020, en die voortuisig vir die ekonomie was positief.

Groei in die land se BBP tot Desember 2019 was 2,3%, die werkloosheidsyfer was laag op 4,2% (Statistieke Nieu-Seeland 2020) en skuld as persentasie van die BBP was 25%.

Hulle het 22 Covid-19-verwante sterftes gehad.

Die inperkingsregulasies kan direk verbind word aan die laer vlakke van geluk onder ’n land se bevolking tydens die pandemie.

Australië, met ’n aansienlik groter bevolking van 25,5 miljoen mense, het ’n gemiddelde vlak van geluk van 7,09 gehad.

Die land se BBP-groei in die jaar tot Desember 2019 was 1,9%, met ’n werkloosheidsyfer van 6,2%. Skuld as persentasie van die BBP was 41,73% (Australiese Buro vir Statistieke 2020).

Australië het 104 Covid-19-sterftes gehad.

Suid-Afrika, aan die ander kant, met die grootste bevolking van 57,7 miljoen mense, het die laagste vlak van geluk gehad met ’n punt van 6,32.

Die vooruitsig vir die Suid-Afrikaanse ekonomie is ook somber. Daar word voorspel dat dit in 2020 met 7% sal krimp en skuld as persentasie van die BBP sal teen die einde van die jaar na verwagting 81,8% wees.

Die werkloosheidsyfer is aansienlik hoër as in die ander lande op 30,1% (vir die eerste drie maande van die jaar, volgens Statistieke Suid-Afrika).

Suid-Afrika het 2 413 Covid-19-sterftes gehad.

Benewens hierdie statistieke het die drie lande volgens die navorsers verskillend gereageer om die verspreiding van die koronavirus te bekamp.

Suid-Afrika het gedurende sy vlak 5-inperking mense belet om hul huise te verlaat, behalwe vir noodsaaklike redes. Dieselfde regulasies het vir Nieu-Seelanders gegeld met die uitsondering dat hulle steeds alkohol en tabak kon koop en buite kon oefen.

Suid-Afrika het nou tot vlak 3 gevorder met die inperkingsmaatreëls wat effens verslap het, terwyl Nieu-Seeland tot vlak 1 beweeg het, sonder enige beperkings op internasionale reise.

Aan die ander kant van die spektrum het Australië, wat ’n federale regeringstelsel volg, nie tot ’n volledige inperking oorgegaan nie.

Greyling en Rossouw het gevind dat die inperkingsregulasies direk verbind kan word aan die laer vlakke van geluk onder ’n land se bevolking tydens die pandemie. Selfs inaggenome die diversiteit van die drie lande en hul onderskeie regulasies, het die vlak van geluk gedaal hoe strenger die regulasies was.

Meer oor:  Talita Greyling  |  Stephanie Rossouw  |  Nieu-Seeland  |  Sa  |  Australië  |  Maatreëls  |  Inperking  |  Navorsing  |  Pandemie  |  Covid-19  |  Geluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.