Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
SA’ners jonger as 60 nie gou ingeënt

Meer as 2 miljoen Suid-Afrikaners van 60 jaar of ouer is steeds in die tou om hul inentings teen die koronavirus te ontvang.

’n Inenting teen die koronavirus word by die Netcare Milpark-hospitaal in Johannesburg toegedien. Foto: Argief

Nicholas Crisp, adjunk-direkteur-generaal van die departement van gesondheid, sê dit sal daarom nog lank neem voordat ander ouderdomsgroepe vir hul inentings kan registreer.

“Ons het meer as 2 miljoen mense van 60 en ouer wat nog wag. Ons sal eers wag dat die aanvraag verminder voordat ons registrasies vir ander groepe open,” sê hy.

’n Bietjie meer as 1,7 miljoen mense, wat gesondheidswerkers insluit, was teen 12 Junie reeds ingeënt.

Prof. Guy Richards, emeritusprofessor in kritieke sorg aan die Universiteit van die Witwatersrand (Wits), sê die regering sloer met inentings omdat slegs die regering die entstowwe mag aankoop.

“Hulle moet dit vir die private sektor oopstel. Laat groot apteke en mediese fondse toe om hul eie entstowwe te bekom,” sê Richards.

Prof. Susan Goldstein, ’n kenner in openbare gesondheid aan Wits, sê Suid-Afrika is “ver agter ander lande” wat inentings betref.

“Eers het die Astra Zeneca-inentings nie vir ons gewerk nie en nou het ons die Johnson & Johnson-inentings verloor. Dis nie noodwendig die regering se skuld nie,” sê sy.

Suid-Afrika het 2 miljoen Johnson & Johnson-entstowwe van die Aspen-aanleg in Gqeberha (Port Elizabeth) verloor nadat die Amerikaanse voedsel-en-medisyne-owerheid (FDA) dit onbruikbaar verklaar het.

Aspen het Maandagmiddag gesê hy sal binne dae nog 300 000 dosisse van die Johnson & Johnson-entstof beskikbaar stel vir die regering se plan om onderwysers in te ent.

Eers het die Astra Zeneca-inentings nie vir ons gewerk nie en nou het ons die Johnson & Johnson-inentings verloor. Dis nie noodwendig die regering se skuld nie.

Hy sal ook binne ’n week Johnson & Johnson-entstof wat reeds vervaardig is, aan die land lewer om die verlore entstowwe te vervang en die momentum van Suid-Afrika se inentingsprogram te help volhou.

Mense van ouer as 60 word tans met die Pfizer-entstof ingeënt. Dit is die enigste beskikbare entstof in die land en vereis twee dosisse.

’n Bietjie meer as 1,2 miljoen mense het reeds hul eerste dosis ontvang.

Dr. Zweli Mkhize, wat in April nog minister van gesondheid was en nou met spesiale verlof is, het toe gesê die land sou teen 14 Junie reeds ongeveer 3,2 miljoen dosisse van die Pfizer-entstof ontvang het. Dit is onduidelik presies hoeveel entstowwe tans beskikbaar is.

Twee besendings van 636 480 elk moet nog in die land aankom.

Die departement van gesondheid het nie op navrae oor die inentings gereageer nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.