Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
SA’ners moeg vir virus en regulasies, wys opname

Mense is moeg vir Covid-19 en verslap al hoe meer hul waaksaamheid om voorsorgmaatreëls te tref om die verspreiding van die virus te bekamp.

Dít is een van die bevindinge van die jongste opname wat deur die sentrum vir maatskaplike verandering van die Universiteit van Johannesburg (UJ) en die Geesteswetenskaplike Navorsingsraad (HSRC) gedoen is.

Die hoofpunte van die bevindinge is Donderdag deur die UJ en HSRC bekend gemaak. Die opname is tussen 3 Julie en 8 September gedoen en 7 966 mense het daaraan deelgeneem.

Daarin word genoem dat mense moeg geword het vir die Covid-19-regulasies en dat dit die risiko verhoog dat die virus kan versprei.

Bevindinge van die opname

• Vier uit tien deelnemers het gesê hulle glo die bedreiging van die koronavirus is oordrewe.

• Een uit elke drie deelnemers sê hulle dra nie altyd ’n gesigmasker wanneer hulle die huis verlaat nie. In April het 37% van die deelnemers gesê hulle dra maskers wanneer hulle uitgaan, wat in die maande Julie, Augustus en September tot 70% van volwassenes gestyg het, maar nou weer gedaal het.

• Die vrees vir Covid-19 is besig om af te neem. Terwyl tussen 44% en 47% mense tussen April en Julie ’n hoë vlak van vrees gehad het, het dit tussen Augustus en vroeg September tot 31% gedaal.

• Vertroue in pres. Cyril Ramaphosa het afgeneem. Hoewel die opname wys dat 65% van mense glo Ramaphosa doen sy werk goed, het dit met 20 persentasiepunte afgeneem, vergeleke met die opname wat tydens vlak 5 van die inperking gedoen is. Vertroue in die manier waarop die nasionale regering die pandemie hanteer, is laer as die vertroue in Ramaphosa, met 57% van deelnemers wat sê hulle het wel vertroue in die nasionale regering se hantering van die pandemie. 18% sê hulle het nie vertroue in die nasionale regering se hantering van die pandemie nie.

Wat hierdie kwessies belangrik maak, is dat mense minder gehoor gee aan die gesondheidsmaatreëls om die verspreiding van die virus te bekamp.

In kommentaar op die bevindinge van die opname het prof. Carin Runciman, verbonde aan die UJ se sentrum vir maatskaplike verandering, gesê dit wys dat mense al hoe moeër raak vir die pandemie. Hoe minder mense maskers dra of by die gesondheidsmaatreëls hou, hoe groter is die kans van ’n tweede golf van infeksies, soos wat nou in Europa en Amerika gesien word.

Meer oor:  Covid-19  |  Inperkingsmaatreëls
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.