Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Sasa steun narkotiseur ná seun sterf

Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Narkotiseurs (Sasa) het sy steun aan een van sy lede, wat verlede week deur Netcare geskors is, toegesê.

Sy skorsing kom ná die dood van ’n jong seun by die groep se Park Lane-kliniek in Johannesburg.

Twee dokters, dr. Peter Beale en die narkotiseur dr. Abdulhay Munshi, is vroeër die maand geskors hangende Netcare se ondersoek na Zayyaan Sayed (10) se dood ná ’n roetineprosedure.

In ’n omsendbrief aan lede wat News24 gesien het, het Sasa gesê hy steun sy geskorste lid tydens die ondersoek.

Die dokter is nie geïdentifiseer nie, maar Sasa het later aan News24 bevestig dit is inderdaad Munshi.

Die vereniging het in die omsendskrywe gesê hy is bewus van die dood en die impak wat dit gehad het op die pasiënt se familie, die dokters wat die kind behandel het en die groter span wat by sy versorging betrokke was.

Hoewel Sasa medelye aan die familie betoon het, het hy gesê die situasie is kompleks en dat hy kommer het oor die skorsing.

“Hierdie spesifieke sterfte het komplekse kliniese en beroepsverbintenisse. Dit maak die interaksie en ondersoek moeilik en sensitief.”

Sasa het gesê hy steun “die prioritisering van pasiënte se veiligheid, deursigtigheid en billikheid” ten volle.

Die vereniging het ook bespiegel “stelselfoute” kon ’n rol speel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.