Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
SAUK-werknemers kla oor veiligheid teen virus

Joernaliste en ander werknemers verbonde aan die SAUK meen die nasionale uitsaaier tref nie voldoende gesondheidsmaatreëls om hulle te beskerm teen Covid-19 nie.

’n Gebrek aan sanitasie in die uitsaaier se geboue en die gebruik en verspreiding van “substandaard”-beveiligingsprodukte is maar net ’n paar van die bekommernisse onder die joernaliste en ander personeellede.

“Ons het verskeie klagtes ontvang van medialede verbonde aan die SAUK. Hulle is bekommerd oor hul veiligheid te midde van die Covid-19-pandemie.

“Daar is nie handontsmettingsmiddels in die geboue nie en die houers waarin die ontsmettingsmiddels moet kom, is ook gebreek. Skottelgoedseep en water word gemeng en op werknemers se hande gespuit wanneer hulle by die gebou instap. Dit is nie effektief nie,” sê Hannes du Buisson, president van die vakbond Bemawu.

Volgens hom het hy al verskeie klagtes aan die bestuur van die SAUK gestuur.

“Ons het al voor pres. Cyril Ramaphosa se aankondigings twee weke gelede hierdie kwessie met die raad begin opneem. Ek het vandag (Woensdag) ook aan die bestuur geskryf. Hulle vee hulle aan ons af,” sê Du Buisson.

Hy sê die SAUK prioritiseer nie personeellede se veiligheid nie en is slegs gefokus op sy omkeerplan.

Hy sê die SAUK prioritiseer nie personeellede se veiligheid nie en is slegs gefokus op sy omkeerplan. “Dit gaan alles oor hoe hy weer geld gaan maak. Intussen vergeet hy van werknemers se veiligheid.”

Klagte is ook by Solidariteit ingedien.

“Dit is kommerwekkend en ons is bekommerd dat die SAUK nie beskermingsmaatreëls tref om joernaliste teen Covid-19 te beskerm nie,” sê dr. Dirk Hermann, uitvoerende hoof van die Solidariteit-beweging.

Ook hier is klagte ingedien oor substandaard-veiligheidsprodukte en die gebrek aan handreinigers.

Ook hier is klagte ingedien oor substandaard-veiligheidsprodukte en die gebrek aan handreinigers.

“Dit is nie net die SAUK se plig om werknemers te beskerm nie, maar alle werkgewers s’n. Buitengewone stappe moet juis nou gedoen word om werknemers te beskerm. By die SAUK lyk dit asof presies die teenoorgestelde gebeur,” sê Hermann.

Volgens hom kan joernaliste nie bekostig om siek te word gedurende hierdie tydperk nie.

“Hulle moet die publiek ingelig hou oor die situasie. As daar nie joernaliste is nie, gaan die publiek nie ingelig wees oor die jongste verwikkelinge nie.”

Solidariteit se Covid-19-span sal joernaliste se klagte oor die SAUK ondersoek.

Hermann sê Solidariteit se Covid-19-span sal joernaliste se klagte oor die SAUK ondersoek.

Mmoni Seapolelo, waarnemende woordvoerder van die SAUK, ontken dat die uitsaaier nie voldoende veiligheidsmaatreëls het nie.

“Die SAUK het al die nodige maatreëls getref om sy personeel te beskerm. Joernaliste is van die nodige produkte soos handontsmettingsmiddels, maskers en handskoene voorsien vir wanneer hulle in die veld moet wees,” sê sy.

Volgens haar het die SAUK selfs maatreëls verskerp sedert Ramaphosa ’n ramptoestand aangekondig het.

“Die geboue word deurlopend ontsmet sodat personeel veilig kan wees en ons bestel elke dag nuwe produkte om seker te maak ons voorraad raak nie op nie,” sê sy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.