Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Selfdood: ‘As . . . ons maar net geweet het ’
Diegene wat iemand aan selfdood verloor het, het ook steun, begrip en liefde nodig. Foto: Pixabay

’n Paneelbespreking oor depressie en die verlies nadat iemand dood is, met verskeie kenners en mense wat dié seer ervaar het, gaan in die Breytenbach-sentrum in Wellington aangebied word.

“As . . . ons maar net geweet het” is die tema van dié bespreking.

Dana Snyman, ’n skrywer en joernalis wat sy verloofde onlangs verloor het, dr. Cobus McCallaghan, ’n psigiater wat sy 21-jarige dogter verloor het, dr. Gerrit de Villiers, ’n pediater wat sy 16-jarige seun verloor het, en die gespreksleier, prof. Lizette Rabe, wat haar 21-jarige seun verloor het, sal daaraan deelneem.

Rabe sê dit word deur Ithemba gereël, ’n organisasie wat bewusmaking oor depressie en verwante siektes as biologiese en kliniese siektes bevorder en navorsing steun.

“Depressie is die mens se wreedste siekte, en hierdie monstersiekte is nie kieskeurig oor sy slagoffers nie. Maar ons kan onsself beter toerus deur meer te weet oor depressie, sê Rabe.

“As ’n mens byvoorbeeld ’n kind se skielike persoonlikheidsverandering sien as simptome van depressie, kon jy vroeër besef het dis nie ’n ‘fase’ nie, dis ’n siekte.

“En as ons as samelewing beter ingelig is oor depressie en verwante siektes, sal ons daarmee die stigma, die skanse afbreek en ook die stilte rondom die siektes. Ons moet vroeër die simptome herken, sodat ons vroeër vir behandeling kan gaan. Depressie is ’n siekte, nie ’n swakheid nie.”

Hoe kan ons ons geliefdes beskerm teen hierdie siekte sonder ’n gesig wat soms sonder waarskuwing kan toeslaan? Waarna moet ons oplet? Wat was die gevaartekens wat ons dalk eers ná die tyd, toe dit vir altyd te laat was, raakgesien het?

Hoe bemagtig ons onsself met kennis om te verseker die simptome van depressie en verwante siektes, soos angsstoornis, word betyds herken, en sodat professionele hulp betyds opgesoek kan word?

Die geleentheid is op Saterdag 24 Februarie om 11:00 by die Breytenbach-sentrum, Burgerstraat 14, Wellington. Die koste is R50 en besprekings moet gedoen word by info@breytenbachsentrum.co.za.

Meer oor:  Selfdood  |  Depressie  |  Wellington  |  Dood  |  Byeenkoms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.