Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Sersant (38) sterf alleen in selfisolasie in woonstel
Sers. Chriszelda Coetzee (links) is in haar woonstel dood terwyl sy in selfisolasie was. By haar is haar suster Cindy Coetzee. Foto: Verskaf

’n Polisiesersant van Bellville is in haar woonstel dood terwyl sy weens die koronavirus in selfisolasie was.

Chriszelda Coetzee (38), wat in die streekhof in Kaapstad gewerk het, is in haar woonstel in Tygervallei dood.

Haar suster, Cindy Coetzee, sê sy het haar op 5 Julie vir die virus laat toets en haar toetsuitslag op 7 Julie ontvang, waarna sy haarself dadelik geïsoleer het.

“Sy het alleen in haar woonstel in Tygervallei gebly en het elke dag vir my ’n stemboodskap gestuur.”

Cindy sê sy het Vrydagmiddag laas met Coetzee gepraat.

“Chriszelda het gesê dat alles nog goed gaan en dat sy ’n bietjie gaan slaap om beter te voel.”

Volgens Cindy het sy Coetzee Saterdag probeer bel.

“Dit was vreemd toe ek haar nie in die hande kon kry nie. Ek het die bure gebel en gevra of hulle nie wil gaan kyk of Chriszelda orraait is nie. Hulle het haar bewusteloos in haar woonstel aangetref en die hospitaal dadelik geskakel en ’n ambulans ontbied.”

Volgens Cindy vermoed hulle dat haar suster reeds Vrydagaand in ’n koma gegaan het.
Sers.Chriszelda Coetzee het gesterf terwyl sy in selfisolasie was. Foto: Verskaf

Volgens Cindy vermoed hulle dat haar suster reeds Vrydagaand in ’n koma gegaan het.

“Toe die ambulans opdaag, kon hulle nie ’n pols of ’n hartklop kry nie.”

Cindy sê Coetzee het geen onderliggende siektes gehad nie.

“Sy was wel ’n bietjie oorgewig, maar sy het nie enige ander siektes gehad nie. Sy het wel elke jaar griep gekry, maar verder was sy gesond.

“Al was sy siek, het sy steeds gewerk. Sy het ’n groot hart gehad en was ’n vriendelike, wonderlike omgee-mens. Sy het ’n hart van goud gehad. Sy het altyd ’n grappie gehad om te vertel, al was dit simpel,” sê ’n hartseer Cindy.

Huldeblyke stroom in op sosiale media van haar vriende en kollegas.

Een inskrywing lui: “Sy was ’n wonderlike mens met ’n sprankelende persoonlikheid. Ons het ons loopbaan saam in 2002 begin en saam uitpasseer. Ons het saam in Seepunt begin werk en saamgebly. Ons het goeie tye saam gehad, sy sal voorwaar gemis word.”

Nog ’n inskrywing lui: “My kollega, rus sag. Ek gaan jou grappies by die werk mis. Ons almal by die streekhof gaan jou verskriklik mis.”

Meer oor:  Koronavirus  |  Selfisolasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.