Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Servikale kanker: Kry ’n Papsmeer in September

Servikale kanker is die tweede algemeenste kanker onder vroue in Suid-Afrika ná borskanker, en vroue word aangemoedig om in September vir ’n ondersoek te gaan.

September is servikale-kanker-bewusmakingsmaand.

Luidens ’n onlangse studie in Health Care: Current Reviews, word daar meer as 7 700 nuwe gevalle jaarliks in Suid-Afrika gediagnoseer en sowat 4 250 vroue sterf jaarliks daaraan.

Sowat 80% van servikale kankers word veroorsaak deur die menslike papilloomvirus (MPV) wat seksueel oordraagbaar is.

Vroue wat MPV het, het ook ’n groter risiko om MIV op te doen weens hul verswakte immuniteit.

Dr. Lerato Gabela van die Vigsgesondheidsorgstigting se Ithembalabantu-kliniek in Umlazi, sê vroue moet van 30 jaar oud af Papsmere begin kry, asook alle vroue wat MIV het.

In die bewusmakingsmaand word alle vroue egter aangemoedig om vir ’n Papsmeer te gaan.

Meer oor:  Gesondheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.