Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Seun (9) kry ‘nuwe’ gesig

Die dae toe klein Sibabalwe (9) selfbewus was oor sy gesig, sal binnekort iets van die verlede wees omdat hy Dinsdag rekonstruktiewe chirurgie kry.

Sibabalwe van Malmesbury in die Wes-Kaap is met Apert-sindroom gebore, ’n genetiese afwyking wat die gesig, skedel en albei hande en voete insluit.

Sibabalwe (9) wat by die Tygerberg-hospitaal rekonstruktiewe chirurgie sal ondergaan as deel van die Smile-week. Foto: Verskaf

Sy gesig word as deel van die Smile-week in die Tygerberg-hospitaal geopereer.

Lisa Kalk, woordvoerder van die Smile-stigting, sê kinders met Apert-sindroom se gesig is gewoonlik van die middel af onderontwikkel met ’n gesonke voorkoms, uitbult-oë en kouvlak-probleme weens ’n onderontwikkelde boonste kakebeen.

Kalk sê dit het Sibabalwe selfbewus gemaak. “Die moontlike drukking op sy brein het ook gelei tot kliniese simptome soos chroniese hoofpyn en ontwrigte intellektuele ontwikkeling,” sê sy.

Volgens Kalk sal dr. Alexander Zühlke en prof. Frank Graewe, die plastiese chirurge, saam met ’n neurochirurg, narkotiseurs en pediaters die operasie op Sibabalwe uitvoer.

Kalk sê dit is ’n gekompliseerde operasie. “Die seun se voorkop en middelste deel van sy gesig sal van sy skedel losgemaak en afleiers ingevoeg word om albei dele van sy gesig vorentoe te druk,” sê sy.

Volgens haar is hy een van 11 kinders tussen vier maande en tien jaar oud wat vandeesweek in dié hospitaal geopereer word.

Volgens Kalk word die ander kinders vir onder meer ’n gesplete lip en verhemelte geopereer.

Hedley Lewis, die uitvoerende hoof van die Smile-stigting, bedank die Tygerberg-hospitaal en die skenker, Big Shoe. “Ons is ongelooflik dankbaar vir dr. Alexander Zühlke se toewyding en passie om daagliks ’n positiewe impak op kinders se lewe te maak, sowel as die hele span by die Tygerberg-hospitaal wat die Smile-week so suksesvol maak. ’n Spesiale dankie gaan aan prof. Graewe wat sy tyd aan dié unieke geval toewy.”

Die Smile-week duur van 23 tot 29 April.

Meer oor:  Smile-Week  |  Malmesbury  |  Wes-Kaap  |  Gesig  |  Rekonstruktiewe Chirurgie  |  Apert-Sindroom  |  Seun  |  Genetiese Afwyking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.