Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Siekefondse hoes dalk tot R30 mjd.

Covid-19 kan die land se siekefondse tussen R7 miljard en R30 miljard kos, het Discovery se aktuarisse bereken.

Dit is benewens die gewone, verwagte eise vir die jaar.

Die gemiddelde koste per hospitaalopname vir Covid-19-pasiënte wissel tussen R63 000 en R78 000, maar voordele van tot R930 000 is al vir ’n enkele geval uitbetaal.

Die gemiddelde verblyf vir Profmed se Covid-19- pasiënte in waakeenhede is sowat 20 dae.

Discovery Health, wat die Discovery Health Medical Scheme (DHMS) en 18 geslote fondse namens korporatiewe kliënte bestuur, se eise-data toon sy gemiddelde koste van behandeling vir Covid-19 is soos volg:

  • Waakeenheid met ventilator: R253 290 per opname (15 nagte in die hospitaal);
  • Waakeenheid sonder ventilator: R159 993 (12 nagte);
  • Hoësorgeenheid: R75 985 (nege nagte); en
  • Algemene saal: R29 025 (vyf nagte).

Craig Comrie, uitvoerende hoof van Profmed, sê teen Dinsdag het Profmed reeds meer as R10 miljoen uitbetaal.

Hospitaalopnames weens Covid-19 het die afgelope twee weke verdriedubbel en Profmed verwag baie van dié eise vandeesmaand, sê Comrie. Dit kan maklik nog R10 miljoen beloop.

Baie Profmed-lede is gesondheidswerkers aan die voorpunt van die Covid-19-stryd wat groter blootstelling het aan die nuwe koronavirus, sê hy.

Sowat 15% van hospitaalpasiënte is in hoësorg- of waakeenhede behandel en net sowat 4% van dié pasiënte moes aan ventilators gekoppel word. Die gemiddelde hospitaalverblyf vir Profmed se Covid-19-pa­siënte in waakeenhede is sowat 20 dae.

Thoneshan Naidoo, hoofamptenaar van Medshield, sê dié fonds het sedert 5 Maart, toe die eerste Covid-19-geval in Suid-Afrika bevestig is, reeds R30,3 miljoen uitbetaal. Daarvan was R19,6 miljoen vir hospitaalopnames. Altesaam R5,2 miljoen is uitbetaal vir pasiënte in die waakeenheid.

Die staatsdiens se siekefonds, Gems, het teen middel Julie bereken dié fonds sal ongeveer R900 miljoen bestee aan die behandeling van en sorg vir Covid-19-pasiënte.

Van Profmed se totale uitbetaling was sowat R4,8 miljoen vir toetse. Medshield het sowat R7,7 miljoen vir Covid-19-toetse betaal.

Discovery Health sê 226 541 Covid-19-toetse is op sy lede gedoen. Teen R850 vir ’n PCR-toets beloop dit nagenoeg R193 miljoen.

Meer oor:  Thoneshan Naidoo  |  Craig Comrie  |  Covid-19  |  Pcr-Toets  |  Profmed  |  Discovery Health  |  Medshield
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.