Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Sifting-toetslopie begin in Alexandra

As deel van ’n siftingsproses sal daar nou in veral arm en digbevolkte woonbuurte van deur tot deur gegaan word om te bepaal of mense vir die virus wat Covid-19 veroorsaak, getoets moet word.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het aangekondig dat 10 000 gemeenskapswerkers inwoners oor die land heen, veral dié in kwesbare gemeenskappe, as deel van ’n siftingsproses gaan ondervra. Mense gaan nie fisieke toetse ondergaan nie, maar waar die vermoede bestaan dat iemand besmet is, sal hulle na die naaste kliniek, hospitaal of mobiele kliniek vir toetsing verwys word.

Die toetse wat tans gedoen word, staan bekend as polimerase-kettingreaksie (PKR)-toetse.

Mkhize sê wanneer hulle egter baie toetse moet begin doen, sal bykomende toetsing, bekend as GeneXpert-toetse, ook gedoen word. Dié toetsuitslae is vinniger bekend.

Albei is DNS-toetse.

Die koronatoetsing met GeneXpert-ontleders is deur die Amerikaanse voedsel- en medisyneadministrasie goedgekeur en kan binne 45 minute ’n diagnose bied. Dit is eers einde Maart goedgekeur en dus nou eers beskikbaar.

Die ministeriële advieskomitee oor die koronavirus, asook die Suid-Afrikaanse Gesondheidsproduktebeheerraad (Sahpra), ondersoek watter toetse ideaal is sodat hulle konsensus hieroor kan hê.

Die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdiens (NHLS) het meer as 180 GeneXpert-ontleders wat in April in al die provinsies beskikbaar sal wees.

Mkhize sê die Gautengse gesondheidsdepartement doen Woensdag ’n siftingtoetslopie in Alexandra. Die plan is om tien huishoudings per uur te besoek en afhangende van wat uit die toetslopie geleer word, sal die plan aangepas word.

Die toetsing gaan ook in Diepsloot in die noorde van Johannesburg en in Khayelitsha op die Kaapse Vlakte gedoen word, waarna dit na ander digbevolkte gebiede uitgebrei sal word.

Mkhize het die versekering gegee dat die veldwerkers, diegene wat eerste in kontak kom met mense wat moontlik die virus het, die nodige beskermende toerusting sal kry. Dit geld ook alle werkers wat in kontak kom met mense wat reeds die virussiekte het.

Die NHLS ondersoek moontlike verskaffers om meer PKR-toetse te verskaf en daar is ’n onderneming deur verskaffers om dit ’n prioriteit te maak om die toetse in Suid-Afrika te verskaf.

Die NHLS het in die stadium ses laboratoriums en sal dit in April tot nege vermeerder.

Mkhize sê met die nuwe benadering sal die spesifieke plekke waar daar reeds ’n hoë getal positiewe gevalle is vir toetsing geteiken word.

Meer oor:  Koronavirus  |  Covid-19  |  Alexandra
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.