Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Singende Kaapse hartchirurg bring hulde aan kollegas

Dr. Wilhelm Lichtenberg, wat as die “singende chirurg van Kaapstad” bekend staan, het onlangs ’n video uitgereik van ’n liedjie waarin hy hulde aan verpleegsters en dokters bring.

Dr. Wilhelm Lichtenberg

Lichtenberg, ’n hartchirurg, sê Riaan Steyn het die melodie verwerk en dr. Martin Young, ’n oor-neus-en-keel-spesialis van Knysna, het “Healthcare Heroes” se lirieke geskryf.

Die video begin met ’n verpleegster wie se wekker om 04:30 afgaan, wanneer sy opstaan om vir haar dagtaak gereed te maak.

Dit wys hoe sy in persoonlike beskermende drag na haar eerste pasiënte gaan en hoe pasiënte op draagbare by die hospitaal aankom terwyl dokters en verpleegsters bontstaan om almal te help.

Die operasangeres Brittany Smith verskyn ook in die video.

Lichtenberg sê hy het Smith in twee operas gesien en haar gevra om ’n deel in die lied te sing.

Die video is deur Anne Meyers van die produksiehuis Two Blondes and the Redheart vervaardig. Dit is in die Christiaan Barnard-gedenkhospitaal en die Netcare N1 City-hospitaal in Kaapstad opgeneem.

’n Skermgreep van Brittany Smith, die sopraan wat saam met dr. Wilhelm Lichtenberg sing.

Lichtenberg sê dit was spesiaal om die video op te neem.

“Die verpleegsters en dokters offer so baie op om almal te help. Ek het geweldige respek vir hulle. Die liedjie is geskryf om hulde aan hulle te bring.”

Lichtenberg sê mense moet weet hoe hard dokters en verpleegsters daagliks werk.

“Mense moet besef dit is die mense wat hulle doodwerk om soveel mense moontlik te help. Hulle het hul eie lewe en die lewe van ander in hul hande. En dit is ’n groot verantwoordelikheid.”

Meer oor:  Dokters  |  Verpleegsters  |  Pandemie  |  Gesondheidsorg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.