Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Sinopharm bied minder beskerming teen Delta, Beta

Die Chinese entstof Sinopharm vaar nie so goed teen die aansteeklike Delta-variant van die koronavirus wat tans in die wêreld sirkuleer nie.

Dié entstof bied ook nie goeie beskerming teen die Beta-variant wat vir die eerste keer in Suid-Afrika aangemeld is nie.

Dit het duidelik geword uit ’n nuwe studie wat op mense in Sri Lanka gedoen en Maandag gepubliseer is.

Die studie moet egter nog hersien word.

Volgens die studie bied Sinopharm swakker teenliggaampies wanneer dit by die Delta-variant kom, teenoor die beskerming wat dié entstof teen die oorspronklike virusvariant bied.

Dié studie is gedoen deur wetenskaplikes van die Universiteit van Sri Jayewardenepura in Sri Lanka en Oxford in Brittanje asook van die Colombo- munisipale raad in Sri Lanka.

Die Delta-variant het nou byna wêreldwyd die oorheersende variant geword en dryf nuwe vlae in verskeie lande, insluitend Brittanje, Suid-Korea, Amerika en Indonesië. Dit is reeds in meer as 90 lande aangemeld.

Die studie toon ook dat Sinopharm minder beskerming teen die Beta-variant bied.

Wetenskaplikes sê hulle het nie ’n groot verskil in die vlakke van teenliggaampies gevind nadat hulle na die vlakke van beskerming gekyk het in mense wat ingeënt is, teenoor mense wat die virussiekte natuurlik opgedoen het nie.

Dit kan wees dat Sinopharm se entstof beskerming met teenliggaampies bied teen die twee variante wat soortgelyk is aan dié van natuurlike infeksie.

Dié entstof, wat twee dosisse vereis, word wyd in China gebruik en Sinopharm het ingestem om 170 miljoen dosisse van die entstof aan Covax te stuur. Dit sal na verwagting middel 2022 gestuur word. – Reuters


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.