Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
‘Sjebiens moet ook drank verkoop’

Die konsortium van Liquor Trader Associations wil hê tavernes en sjebiens moet ook onder vlak 3 van die inperking toegelaat word om alkohol te verkoop om onder meer die risiko van samedromming by kleinhandel-afsetpunte in townships te verminder.

Dié konsortium bestaan uit verenigings van tavernes en sjebiens in townships en verteenwoordig meer as 50 000 lede landwyd.

Die groep het Maandag in ’n verklaring gesê dit beveel aan dat tavernes en sjebiens toegelaat word om as verkooppunte vir drank in bedryf te wees.

Die motivering hiervoor is om onder meer die las by afsetpunte te verminder en sodoende met gesonde afstande te help, en ook die ekonomie in die townships ’n hupstoot te gee.

Dit volg nadat pres. Cyril Ramaphosa Sondag aangekondig het drankwinkels mag weer alkohol vanaf 1 Junie verkoop.

Aangesien die meerderheid van die drankverkope in townships deur tavernes en sjebiens is, sal die aantal verkooppunte in die gebied beperk wees as hulle nie verkope mag doen nie, lui die verklaring.

Verkooppunte is ook dikwels aan die buitewyke. Mense gaan dus baie verder moet reis om aankope te doen wat hul blootstelling aan die virus kan vermeerder, sê die groep voorts.

“Dié punte sal oorval word deur klante wat gretig is om te koop.”

’n Bottel brandewyn en ’n bottel whiskey staan op die toonbank van ’n sjebeen in Soweto.Foto: Reuters

Die konsortium sê gesonde afstande sal deurloop en daarmee saam baie van dit wat die regering vermag het in sy poging om die verspreiding van die virus te beveg, ongedaan maak.

Hulle ondersteun egter beperkte ure en dagverkope.

Die groep sê benewens die impak wat beperkte afsetpunte op die verspreiding van die virus sal hê, is hulle ook bekommerd oor die geldelike gevolge wat tavernes en sjebiens se gebrek aan verkope in die gemeenskap sal meebring.

Winston Hector, verteenwoordiger van die konsortium en president van die Nasionale Drankforum, sê sou die drankverkope steeds vir tavernes en sjebiens verbied word, kan talle van hul lede dalk nooit ná die inperking herstel nie.

“Ons 50 000 lede en 16 000 permithouers van sjebiens is verantwoordelike drankhandelaars en werk volgens hul eie gedragskode en kragtens toepaslike drankwette en regulasies.”

Hy sê die drankmark in die township is een van die oudste entrepreneuriese aktiwiteite in die “township-ekonomie” en het gevolglik families deur die jare gevoed en opgevoed.

Meer oor:  Koronavirus  |  Vlak 3  |  Inperking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.