Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Skok oor gedwonge sterilisasies van MIV-vroue

Die gesondheidsberoep moet sy kop in skaamte laat sak oor die besonderhede van gedwonge sterilisasie van MIV-positiewe swanger vroue in staatshospitale wat aan die lig gekom het, sê die Suid-Afrikaanse Raad vir Gesondheidsberoepe (SARG).

“Ek is skaam om ’n mediese dokter te wees. Ons behoort almal ons koppe in skaamte te laat sak oor wat ons aan weerlose mense doen wat hulself nie teen ons bevoorregtes kan beskerm nie, het dr. Kgosi Letlape, SARG-president, Dinsdag gesê.

Die gedwonge sterilisasies het aan die lig gekom in ’n verslag van die kommissie van gendergelykheid wat Maandag uitgereik is.

Talle vroue wat MIV positief is, het gekla dat hulle in staatshospitale gesteriliseer is sonder dat hulle ingestem het.

Die verslag is ’n uitvloeisel van ’n klag wat die Women’s Legal Centre namens Her Rights Initiative (HRI) en die International Community of Women Living with HIV sowat vyf jaar gelede by die kommissie ingedien het.

Die sentrum het ’n klag ingedien namens die twee instellings en 48 vroue nadat hy navorsing oor die voorkoms van gedwonge sterilisasie in staatshospitale in drie provinsies gedoen het.

Die gender-kommissie het onder meer steekproewe in 15 hospitale in KwaZulu-Natal en Gauteng gedoen, waar die meeste klaers woon.

Dit is ook onwettig om te diskrimineer teen iemand wat MIV-positief is. As die dokters aan die SAMR behoort, sal ons hulle dissiplineer.

Ingevolge Suid-Afrikaanse wetgewing is dit onwettig om iemand sonder hul ingeligte toestemming te steriliseer.

Letlape het ’n beroep gedoen op die betrokke vroue om hul klagtes by die SARG in te dien en het gesê skuldige gesondheidswerkers sal gedissiplineer word.

“Indien enige gesondheidswerker by ons verkla en van die afskuwelike misdaad beskuldig word, sal ons sorg dat behoorlike prosedures gevolg word om seker te maak dat dit nie weer gebeur nie. Dit is nie wat ons in mediese skool geleer is nie,” het hy gesê.

Dr. Angelique Coetzee, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Mediese Raad, sê dié optrede is oneties en is ’n erge menseregte-oortreding.

“Dit is ook onwettig om te diskrimineer teen iemand wat MIV-positief is. As die dokters aan die SAMR behoort, sal ons hulle dissiplineer.”

Jack Bloom, die DA in Gauteng se woordvoerder oor gesondheid, het gesê hy is “met afgryse vervul” oor die verslag.

Hy het gesê die provinsie se gesondheidsdepartement moet verder ondersoek instel en sorg dat daar verantwoordbaarheid is sodat dit nooit weer gebeur nie.

Die gesondheidsdepartement het in ’n verklaring gesê hy “neem kennis” van die verslag en sal kommentaar lewer sodra dit bestudeer is.

Dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, het onmiddellik ’n volledige kopie van die verslag aangevra en ’n dringende vergadering versoek om die inhoud, bevindings en voorstelle daarin te bespreek.

Die kommissie het gesê hy sal die gesondheidsdepartement vra om gedwonge sterilisasie te ondersoek en aanbeveel dat die hy toegelaat word om verdere ondersoek in al nege provinsies te doen.

Meer oor:  Dr. Angelique Coetzee
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.