Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Skole ontsmet ná Covid-19-gevalle

’n Onderwyser van die Sekondêre Skool Albert Myburgh in Bredasdorp is positief getoets vir Covid-19 en nog vyf personeellede is tans in kwarantyn omdat hulle kontak met die onderwyser gehad het.

Dit is Donderdag by navraag deur die Wes-Kaapse departement van onderwys (WKOD) bevestig.

Die skool het vroeër in ’n verklaring op sy Facebookblad gesê “dit is met groot kommer en besorgdheid dat ons u meedeel dat ’n opvoeder positief getoets het en vyf personeellede wat met die kollega kontak gehad het, is in kwarantyn”.

Volgens die verklaring is die kringbestuurder en distrikskantoor ingelig. Die skool is Dinsdag ontsmet.

Die skool vra voorts dat mense met simptome moet tuisbly en dat die skool verwittig moet word wanneer ’n leerling of iemand in ’n huishouding positief getoets het of

as ’n leerling of personeellid ’n hoë-risiko-kontak gehad het met ’n positiewe geval.

Ouers word ook gevra om toe te sien dat kinders sover moontlik moet vermy om ná skool en naweke

met vriende te kuier.

In die Paarl was die Hoërskool Desmond Mpilo Tuto Maandag gesluit vir reiniging nadat ’n onderwyser positief getoets het vir Covid-19, het Millicent Merton, WKOD-woordvoerder, gesê. “Die skool was Dinsdag weer oop.”

Volgens haar was daar teen Maandag 558 aktiewe gevalle onder leerlinge en 249 onder skoolpersoneel in die Wes-Kaap.

Meer oor:  Bredasdorp  |  Koronavirus  |  Onderwysers  |  Pandemie  |  Ontsmetting  |  Covid-19  |  Skole
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.