Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Skoolhoof in Noordwes is positief getoets

’n Skoolhoof (56) in Noordwes is positief vir die koronavirus getoets.

Elias Malindi, woordvoerder vir die provinsie se onderwysdepartement, het Woensdagoggend in ’n verklaring gesê die hoof het Maandag nie gesond gevoel nie en ’n dokter gaan sien.

Die dokter het besluit om hom te laat toets vir die virus omdat hy simptome daarvan getoon het.

Die uitslag het Dinsdag positief teruggekom. Die hoof sal nou 14 dae onder selfkwarantyn wees.

Mmaphefo Matsemela, LUR vir onderwys in Noordwes, het haar skok oor die nuus uitgespreek.

“Ons werk saam met die departement van gesondheid wat voorgestel het die skool moet dadelik toegemaak word. Ons steun nou deurentyd op hul kundigheid.

Die skool sal nie oopgemaak word voordat al die nodige ondersoeke nie afgehandel is nie, het Malindi gesê.

Volgens die jongste statistiek wat Dinsdagaand bekend gemaak is, het Noordwes 271 bevestigde gevalle van Covid-19.

Meer oor:  Mmaphefo Matsemela  |  Noordwes  |  Skoolhoof  |  Covid-19  |  Koronavirus  |  Virus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.