Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Skoolkoshuise in Gauteng vir haweloses ingespan
Lesufi
Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys. Foto: Trevor Kunene

Gautengse openbare skole gaan gedurende die 21 dae van inperking as skuilings vir haweloses gebruik word.

Panyaza Lesufi, die provinsie se LUR vir onderwys, het Woensdag dié aankondiging op ’n mediakonferensie in Midrand gedoen, waar David Makhura, premier, en ander LUR’e ook teenwoordig was om oor hul Covid-19-aksieplanne uit te brei.

“Met die mense by wie hulle bedel wat nie meer op die paaie gaan wees nie, is hulle nou aan hul eie lot oorgelaat.

“Ons gaan hawelose mense wat wil na ons skole verskuif. Daar is nou koshuise beskikbaar omdat die skole gesluit is,” het Lesufi gesê.

“Ons het ’n span mense gestuur om met hulle te gaan onderhandel en praat, om hulle te oortuig dat dit in hul beste belang sal wees om in die koshuise te gaan bly.”

Ten opsigte van die tyd wat vir leerlinge verlore gaan weens die staat van inperking, sê Lesufi hy praat met rolspelers oor die moontlikheid om die Junie-vakansie te skrap.

Daar word ook gekyk na middagklasse, klasse op Saterdae en skoolkampe gedurende die September-reses vir leerlinge wat voel hulle het bykomende hulp nodig.

Bandile Masuku, Gautengse LUR vir gesondheid, het gesê 1 300 gemeenskapsgesondheidswerkers is opgelei om kwessies rakende die virus te hanteer.

Altesaam 1 000 beddens is vir Covid-19-gevalle beskikbaar, maar die departement werk daaraan om dit te verhoog. Uit die privaat sektor is daar ’n aanbod van 200 beddens.

Makhura het Gautengse inwoners aangeraai om in die provinsie te bly, deels omdat dit later ’n probleem kan wees om terug te kom en ook om die risiko van die verspreiding van die virus tussen provinsies te beperk.

Meer oor:  Gauteng  |  Haweloses  |  Skole
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.