Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Smile-stigting help brandslagoffer (10) en 9 ander

’n Tienjarige seun van Mpumalanga wat ernstige brandwonde opgedoen het, sal vandeesweek as deel van die Rooikruis-kinderhospitaal se Smile-week gratis rekonstruktiewe chirurgie ondergaan.

Chrissie (10), ’n seuntjie van Mpumalanga, wat ernstige brandwonde opgedoen het. Foto: Verskaf

Die lewe van tien kinders sal onherroeplik verander wanneer hulle gratis geopereer word. Onder hulle is ene Chrissie (die stigting maak nie sy van bekend nie), wat in 2017 brandwonde oor 44% van sy lyf (waaronder sy bors, rug, arms en kop) opgedoen het.

Chrissie en sy neef het in hul agterplaas in Mpumalanga gespeel terwyl sy ma, Rebecca, by die werk was. Daar was ’n vuur daar naby en Chrissie se neef het ’n blik petrol uit ’n skuur gaan haal en oor die vuur gegooi.

Chrissie, wat die naaste aan die vuur gestaan het, het erge brandwonde opgedoen. Sy nefie is ongedeerd.

Hy is van die Lydenburg-hospitaal na die Mediclinic Nelspruit oorgeplaas. Hy is agt dae later na die Rooikruis-kinderhospitaal in Kaapstad geneem, waar hy drie maande behandel is.

Sy ma sê hoewel dit ’n moeilike pad was, is sy dankbaar dat haar seun lewe en dat hy steeds ’n vriendelike en gelukkige kind is.

Volgens Moira Gerszt, bedryfsdirekteur van die stigting, is hulle baie opgewonde om deel van Chrissie se herstel te wees.

“Ons hoop die operasie sal hom weer selfvertroue gee sodat hy ’n normale lewe kan lei. Ons doel is om soveel kinders in nood as moontlik te help. Ons maak al sedert 2010 saam met ’n Suid-Afrikaanse farmaseutiese maatskappy ’n groot verskil in kinders se lewens.

“Ons is dankbaar vir die dokters en personeel van die Rooikruis-kinderhospitaal wat die infrastruktuur, kundigheid en behandeling verskaf,” het sy gesê.

Een van die tien pasiënte is ’n tien maande oue baba wie se gesplete verhemelte geopereer gaan word.

Chrissie (10) het ernstige brandwonde opgedoen toe sy neef petrol oor ’n vuur gegooi het. Foto: Verskaf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.