Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Snel ontwikkelde entstof ‘ ’n voordeel van pandemie’

Gebeure soos ’n wêreldoorlog en ’n pandemie veroorsaak massiewe ontwrigting, maar skep dikwels ook die stukrag vir vooruitgang.

Volgens dr. Cloete van Vuuren, hoof van interne geneeskunde by 3 Militêre Hospitaal in Bloemfontein, is die ontwikkeling vir ’n entstof vir die koronavirus Ears-CoV-2 een van dié goeie dinge wat uit die pandemie voortspruit.

“In die verlede het dit tot tien jaar geneem om deur al die stappe vir die ontwikkeling van ’n entstof te beweeg.

Dr. Cloete van Vuuren Foto: Argief

“Hier het ons in minder as ’n jaar, met nuwe tegnologie, ’n entstof ontwikkel wat meer as 90% doeltreffend is,” sê hy met spesifieke verwysing na die entstof wat deur die farmaseutiese reus Pfizer ontwikkel is.

Die enigste ander entstof met dieselfde mate van doeltreffendheid, is die entstof vir masels.

“Sover lyk dit asof die middel tussen 85% en 96% doeltreffend is. Selfs die jaarlikse griepentstof is afhangende van die seisoen net 40% tot 60% doeltreffend.”

Op die vraag of hy self die entstof sal gebruik, antwoord hy onomwonde “ja”.

Van Vuuren sê die enigste nadeel van dié entstof teen die koronavirus is die lae temperatuur waarteen dit gestoor moet word en dat ’n mens twee dosisse daarvan moet kry.

“Maar die beskermende effek is verstommend.”

Op die vraag of hy self die entstof sal gebruik, antwoord hy onomwonde “ja”.

“Met die entstof word jy met ’n deeltjie van die virus ingespuit waarteen jou liggaam dan teenliggaampies ontwikkel,” sê hy. Dit beteken jy kry ’n stukkie van die virus in wat immuniteit tot gevolg het, in plaas daarvan om die hele virus op te doen met al die ander nagevolge en newe-effekte op lang termyn.

Van Vuuren sê hy gebruik eerder die entstof en kry immuniteit en daarmee saam vryheid om weer voluit te kan lewe.

Meer oor:  Koronavirus  |  Koronavirussiekte  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.