Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Só kan jy bloed skenk tydens die inperking

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) se voorraad en skenkings het drasties afgeneem sedert die begin van die staat van inperking.

Tans het die bloedbank slegs genoeg voorraad om die land vir 4,2 dae van bloed te voorsien, terwyl hulle net genoeg bloedplaatjies vir 0,3 dae het.

Dit is ondanks die feit dat alle SANBD-takke oop is en dat mense hul huise mag verlaat om bloed te gaan skenk.

Khensani Mahlangu, woordvoerder van die SANBD, sê sedert pres. Cyril Ramaphosa op 15 Maart ’n ramptoestand verklaar het weens die Covid-19-pandemie, het hul skenkings met 32% gedaal.

“Meer as 800 mobiele klinieke, wat gewoonlik in winkelsentrums, by feeste en so meer opgerig word, het weggeval. Dit het gelei tot ’n verlies van bykans 20 000 eenhede,” sê Mahlangu.

bloed

Sy voeg by hulle is dankbaar vir hul getroue skenkers wat hulle steeds in dié tyd ondersteun.

Phumzile Zulu van die SANBD se KwaZulu-Natal-tak sê dit is belangrik om te onthou dat daar geen wetenskaplike bewyse is dat die koronavirus met bloed oorgedra word nie.

Nogtans het alle SANBD-takke ekstra maatreëls ingestel. Zulu sê as iemand griep- of verkouesimptome toon, sal hulle nie toegelaat word om bloed te skenk nie en potensiële skenkers moet ook ’n vorm met hul reisgeskiedenis invul.

SANBD-werknemers dra ook maskers en handskoene.

“Ons doen ’n beroep op alle gesonde skenkers om bloed, plasma en bloedplaatjies te skenk,” sê Mahlangu.

Hier is die stappe wat jy kan volg om bloed te skenk:

bloedskenk

Meer oor:  Skenkings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.