Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Sóveel doen reeds virus in tronke op

In tronke oor die land heen is 4 916 korrektiewe beamptes en gevangenes reeds positief vir die koronavirus getoets.

Volgens die jongste syfers van die departement van korrektiewe dienste (DKD) is 3 211 beamptes en 1 705 gevangenes positief getoets.

Singabakho Nxumalo, nasionale woordvoerder van die DKD, sê die departement se herstelsyfer is 73%, wat beteken die getal positiewe gevalle het afgeneem tot 1 250.

Die 50 beamptes wat mees onlangs positief getoets is, is in KwaZulu-Natal (12) die Vrystaat en die Noord-Kaap (saam 12), die Wes-Kaap (9), Oos-Kaap (6) Limpopo, Mpumalanga en die Noordwes (saam 6), en Gauteng (5).

Die drie addisionele gevangenes is almal van KwaZulu-Natal.

Die nuutste herstelsyfers is:

- Gauteng: 38

- Oos-Kaap: 22

- Limpopo, Mpumalanga en Noordwes: 21

- KwaZulu-Natal: 16

- Wes-Kaap: 3

- Vrystaat en Noord-Kaap: 1

Die positiewe gevalle by tronke in die verskillende provinsies is as volg:

Oos-Kaap

Beamptes: 761

Gevangenes: 1 065

Herstel: 1 613

Sterftes (beamptes en gevangenes): 14

Wes-Kaap

Beamptes: 695

Gevangenes: 517

Herstel: 1 109

Sterftes (beamptes en gevangenes): 19

Gauteng

Beamptes: 782

Gevangenes: 74

Herstel: 534

Sterftes (beamptes en gevangenes): 19

KwaZulu-Natal

Beamptes: 420

Gevangenes: 27

Herstel: 165

Sterftes (beamptes en gevangenes): 4

Vrystaat en Noord-Kaap

Beamptes: 309

Gevangenes: 12

Herstel: 78

Sterftes (beamptes en gevangenes): 4

Limpopo, Mpumalanga en Noordwes

Beamptes: 216

Gevangenes: 10

Herstel: 97

Sterftes (beamptes en gevangenes): 3

Hoofkantoor

Beamptes: 28

Herstel: 7

Meer oor:  Dkd  |  Tronke  |  Koronavirus  |  Syfers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.