Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Staat gee te min, kla NRO ná staking, pasiënt se dood

Stakende werkers van die San Michele-tehuis vir psigiatriese en gestremde pasiënte in Brakpan aan die Oos-Rand het Dinsdag teruggekeer werk toe.

Die staking is Maandag opgeskort nadat ’n 56-jarige pasiënt dood is.

’n Groep werkers van die tehuis het Vrydag begin staak en aangedring op ’n bonus en ’n 6%-loonverhoging.

Marius Bosman, bestuurder van die tehuis, sê die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) het die staking onwettig verklaar. “Die KVBA het bevind ons lewer ’n noodsaaklike diens, wat stakings onwettig maak.”

Stakende werkers Vrydag voor die San Michele-tehuis in Brakpan.

Die werkers het volgens Bosman ’n 6%-loonverhoging en ’n bonus van 70% van hul maandelikse salaris aanvaar.

Tony Gumede, ’n werker en verteenwoordiger van die National Union of Public Service and Allied Workers (Nupsaw), sê hoewel die werkers weer aan diens is, is hulle glad nie tevrede met die uiteinde nie.

“Oor die jare heen raak ’n mens geheg aan jou pasiënte en toe ons hoor dat een van die pasiënte dood is, het dit ons hard getref omdat die staking niks met hulle te doen het nie.

“Ons wou geensins hê ons ontevredenheid met die bestuur moet die pasiënte raak nie.”

Hy meen die bestuur het die pasiënt se dood en die KVBA se beslissing gebruik om hul eise te ignoreer.

“Die tehuis het geld om ons hof toe te sleep en kon geld aan private veiligheidswagte bestee, maar kan ons nie eens volle bonusse betaal nie.

“Wees verseker ons is nie tevrede nie. Ons gaan ons nie laat afskrik nie, inteendeel, ons gaan ’n dispuut verklaar.”

Werkers eis ’n 100%-bonus en dat die bestuurder en matrone aftree.

Dié tehuis is een van talle nieregeringsorganisasies wat verstandelik gestremdes in Gauteng versorg wat ’n subsidie van die departement van gesondheid kry.

Bosman sê dié subsidie is te klein.

“Met 260 hoësorg-pasiënte en werknemers en dienste wat gelewer moet word, is die geld nie genoeg nie. Die tehuis is groot en ons doen ons bes met die beskikbare geld.”

Volgens Bosman is die 6%-verhoging al vroeër vanjaar aan werkers gebied.

Meer oor:  Nupsaw  |  Kvba  |  Brakpan  |  Oos-Rand  |  Staking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.