Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Stellenbosch wil effek van pandemie op inwoners versag

Die Stellenbosch-munisipaliteit het verskeie maatreëls ingestel om die uitwerking van die Covid-19-pandemie en staat van inperking op inwoners te versag.

Dit sluit in die uitstel van die betaling van erfbelasting vir diegene wat weens die pandemie ly, ’n toename in die hoeveelheid water wat gratis aan behoeftiges verskaf word en die tydelike herverbinding van krag aan verbruikers wat agterstallig met hul betaling is.

Adv. Gesie van Deventer, burgemeester, het Woensdag in ’n verklaring gesê dié bystand aan inwoners is op ’n dringende raadsvergadering goedgekeur.

Gesie van Deventer, burgemeester van Stellenbosch.Foto: PaarlPost

Noodsaaklike munisipale dienste sal tydens die staat van inperking voortgesit word, onder meer water, krag, vullisverwydering, verkeersbestuur, wetstoepassing en branddienste.

Raadslede, administratiewe personeel en alle amptenare wat nie regstreeks vir noodsaaklike of nooddienste verantwoordelik is nie, sal van die huis af werk.

* Betalings van erfbelasting sal van 1 April tot 30 Junie uitgestel word en geen rente op erfbelasting sal in dié tydperk bygevoeg word nie vir ondernemings en individue wat finansieel skade gely het.

Die kriteria vir dié kwytskeldings sal op die munisipaliteit se webwerf beskikbaar wees.

* Die toewysing van gratis water aan arm en behoeftige inwoners styg van 6 kiloliter tot 10 kiloliter van 1 April tot 30 Junie.

* Alle skuldbestuursmaatreëls word tot einde April tydelik opgeskort. Dit beteken kragmeters wat weens agterstallige rekenings geblok is, sal in dié tydperk weer in werking gestel word om krag te koop en op te laai.

“Met dié dat ons hulpbronne en bystandspanne se vermoë ernstig beproef en beperk sal wees tydens die inperkings, doen ons ’n beroep op inwoners om slegs kwessies in verband met noodsaaklike dienste en noodgevalle aan te meld.”

Van Deventer sê die munisipaliteit sal saam met die nasionale en provinsiale regering werk om die regulasies en maatreëls wat aangekondig is, op te dwing.

Dit sluit in dat die munisipale wetstoepassers bystand aan die polisie sal lewer.

Meer oor:  Stellenbosch  |  Koronavirus  |  Inperking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.