Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Sterftes neem af in O-Kaap, sê premier

Die Covid-19-sterftesyfer in die Oos-Kaap is besig om af te neem en maak slegs 2% van die nasionale syfer uit.

Oscar Mabuyane, premier, het aangekondig dat die provinsie se daaglikse infeksiesyfer tot minder as 1 000 nuwe infeksies per dag afgeneem het.

Volgens die jongste syfers is 79 844 mense in die provinsie positief vir die virus getoets en het 72 570 herstel. Tot dusver is 1 832 mense dood.

Meer as 4 000 gesondheidswerkers in die Oos-Kaap (die meeste van hulle verpleegsters) is positief vir die virus getoets. Die bevestigde virusgevalle, ontleed per beroep, is verpleegsters 45,4%, dokters 3,2%, ambulanspersoneel 1,6%, aptekers en -assistente 2,8% en “ander” 37,1%.

Die syfers in die verskillende distrikte is soos volg:

Alfred Nzo

Gevalle: 3 059

Herstel: 2 835

Sterftes: 26

Amathole

Gevalle: 7 549

Herstel: 7 173

Sterftes: 202

Buffalostad-metro

Gevalle: 19 105

Herstel: 17 653

Sterftes: 260

Chris Hani

Gevalle: 7 620

Herstel: 7 173

Sterftes: 248

Joe Gqabi

Gevalle: 2 344

Herstel: 2 142

Sterftes: 49

Nelson Mandelabaai-metro

Gevalle: 20 657

Herstel: 18 749

Sterftes: 685

O.R. Tambo

Gevalle: 12 038

Herstel: 11 456

Sterftes: 250

Sarah Baartman

Gevalle: 5 507

Herstel: 4 750

Sterftes: 110

Van buite die provinsie

Gevalle: 327

Herstel: 324

Sterftes: 2

Daar is 1 638 gevalle wat nie aan ’n spesifieke streek toegeskryf kan word nie. Uit dié getal het 315 mense herstel.

Meer oor:  Oscar Mabuyane  |  Sterftes  |  Covid-19  |  Koronavirus  |  Oos-Kaap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.