Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Strenger inperkings moontlik, sê Mkhize

Strenger inperkings is moontlik weens ’n toename in Covid-19-infeksies, waarsku dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid.

Donderdag is daar die eerste keer in drie maande meer as 3 000 nuwe koronavirusinfeksies in die land aangemeld.

Mkhize het Vrydag op die SAUK se program Morning Live gesê “strenger beperkings” sal weens dié stygende infeksiekoers ingestel moet word.

Dit kan volgens hom ’n inperking insluit op die getal mense wat byeenkomste mag bywoon, asook die herinstelling van ander inperkings “wat ons kon ophef toe die getalle laer was”.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid.

Dr. Lwazi Manzi, Mkhize se woordvoerder, sê die nasionale Covid-19-bevelsraad het reeds vergader en die kabinet sal bepaal of verdere inperkings nodig is.

Prof. Barry Schoub, voorsitter van die ministeriële advieskomitee vir entstowwe, sê hoewel hy nie betrokke was nie, is hy bewus van die gesprekke.

Hy stem saam dat strenger beperkings nodig mag wees.

“Die kabinet gaan strenger reëls moet instel wat nie onmiddellike skade vir die ekonomie inhou nie.”

Hy het beaam dat dit waarskynlik ’n inperking sal behels op die getal mense wat in groot groepe mag byeenkom. Hy voorspel ook dat die aandklokreël aangepas sal word en dat daar moontlik beperkings op die verkoop van alkohol ingestel sal word, hoewel dit nie volgens hom die belangrikste inperking is nie.

“Dit is egter nog nie ’n uitgemaakte saak dat ons na ’n strenger vlak gaan beweeg nie,” sê Schoub.

Meer oor:  Dr. Zweli Mkhize  |  Inperking  |  Covid-19  |  Gesondheid  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.