Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Strenger inperkings in veral Gauteng nodig – Cyril

Daar is duidelike aanduidings dat inperkingsmaatreëls in veral Gauteng versterk moet word.

So het pres. Cyril Ramaphosa gesê te midde van ’n groeiende derde vlaag van koronavirusinfeksies en druk op die gesondheidstelsel in Suid-Afrika se digs bevolkte provinsie.

Hy het Dinsdag op ’n mediakonferensie by die Kaapstad-hawe gesê die Nasionale Covid-19-bevelsraad sal oor ’n strenger vlak van inperking vergader en aanbevelings daaroor maak.

“Ons is diep bekommerd en (in Gauteng) sien ons ’n infeksiekoers wat baie hoër is as wat voorheen gesien is.”

David Makhura, Gautengse premier, het Maandag geen doekies oor die stand van sake omgedraai nie en het gewaarsku: “Die huis is aan die brand.”

Volgens Ramaphosa is daar uitdagings in verband met die beskikbaarheid van hospitaalbeddens en mediese suurstof.

Die doel sal wees om ’n balans tussen die ekonomie en menselewens te handhaaf.

Hy het ook sy dank uitgespreek teenoor die lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag wat in Gauteng se gesondheidsektor ontplooi gaan word.

Hy het voorts benadruk dat infeksies nie net in Gauteng aan die toeneem is nie, maar ook in ander provinsies.

Meer oor:  Gauteng  |  Strenger Inperkings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.