Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Suid-Afrika ‘binne week in 3de vlaag’

Sodra daar 6 000 nuwe Covid-19-gevalle per dag aangemeld word, sal dit beteken Suid-Afrika is midde-in die derde vlaag. Dit kan binne die volgende week wees.

So sê dr. Angelique Coetzee, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging, en voeg by dat die land nie-amptelik reeds deur die derde vlaag getref is.

“Daar is baie mense wat tans siek is en nie getoets word nie omdat hulle dink dit is net verkoue. Baie van hulle het eintlik Covid-19,” sê sy.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het sy kommer oor die onlangse stygings in koronavirus-infeksies uitgespreek.

“Die positiewe toetse staan op 12,7%,” lui ’n verklaring van Nios.

Prof. Barry Schoub, voorsitter van die ministeriële advieskomitee oor entstowwe, het vroeër gesê as dié koers die 10%-merk verbysteek, is dit ’n goeie aanduiding dat ’n nuwe vlaag naby of reeds in ons midde is.

Volgens Nios is daar steeds net vier provinsies wat in ’n derde vlaag gewikkel is.

“Dit sluit die Noord-Kaap, die Vrystaat, Noordwes en Gauteng in. Die weeklikse gemiddelde in die provinsies maak 30% van die vorige vlaag se piek uit,” lui die verklaring.

“Daar is baie mense wat tans siek is en nie getoets word nie omdat hulle dink dit is net verkoue. Baie van hulle het eintlik Covid-19.

Nios sê gevaarligte flikker egter ook reeds in die ander provinsies.

Prof. Bruce Mellado, hoofmodelleerder van die Gautengse Covid-19-bevelsraad, het gister by navraag gesê daar heers veral kommer oor stygings in Limpopo en Mpumalanga.

“Die gevalle daar styg ook drasties – dalk omdat baie mense uit Gauteng na dié provinsies reis.”

Dit is moeilik om te sê wanneer die land as geheel in ’n derde vlaag sal wees.

“Die land is groot en ons moet op provinsiale vlakke fokus. Daar is ook nie ’n enkele definisie om ’n nuwe vlaag te definieer nie. Die eerste en tweede vlaag van infeksies speel ’n groot rol in hoe ons vasstel watter provinsies ’n vlaag van infeksies ervaar,” sê Mellado.

Nios doen ’n beroep op Suid-Afrikaners om uiters waaksaam te bly.

“Soos die pandemie in sy tweede jaar inbeweeg, verstaan ons dat mense moeg raak vir die maatreëls.

“Dit is egter belangrik om waaksaam te bly,” lui Nios se verklaring.

“Hou aan om jou masker te dra, handhaaf goeie higiëne en ’n gesonde afstand van ander mense en beperk sosiale interaksie sover as moontlik.”

Meer oor:  Koronavirus  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.