Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Suid-Afrikaanse hulpkreet uit Viëtnam
ChrisMarié van Heerden is een van bykans 200 Suid-Afrikaners wat hulle by ’n WhatsApp-groep aangesluit het in die hoop dat die Suid-Afrikaanse regering sal help om hulle uit Viëtnam na Suid-Afrika terug te bring.Foto: Verskaf

Amper 200 mense is al lede van ’n WhatsApp-groep vir Suid-Afrikaners wat tans in Viëtnam is en so spoedig moontlik wil terugkom huis toe.

Met vlugte na Suid-Afrika wat heeltemal opgeskort is, is hulle egter gestrand.

Een van hulle is ChrisMarié van Heerden van Victoria-Wes in die Noord-Kaap.

“Ek het ’n kontrak om kinders van 6 tot 18 jaar oud Engels te leer gereed gehad toe ek op 5 Februarie Viëtnam toe vertrek het,” vertel Van Heerden.

“Ek sou op 6 Februarie begin werk het, maar die skole is almal gesluit. En as ’n mens nie werk nie, word jy nie betaal nie.”

Van Heerden het onderwys aan Unisa studeer.

Sy bly tans in Long Thành, sowat 50 km buite Ho Chi Minh City, in ’n huis saam met nog drie Suid-Afrikaners. Hulle het nie beplan om hulself vir langer as twee maande sonder inkomste te onderhou nie en hul geld is nou so te sê op.

ChrisMarié van Heerden voor sy in Viëtnam gestrand geraak het. Foto: Verskaf

“Ons kan nie meer huur of krag betaal nie. Ons kan ook nie meer kos en mediese voorrade koop nie. Ons lewe van dag tot dag op two minute noodles.

“Dis nog nie bevestig nie, maar daar is gerugte dat die skole in Viëtnam eers weer in September sal open. As ons nie huur betaal nie, kan die polisie ons uit die huis kom gooi. As dit sou gebeur, sal ons seker op die lughawe gaan slaap tot ons hopelik ’n manier kry om by die huis te kom.

“Ons enigste hoop is dat die Suid-Afrikaanse regering iets van hul kant af sal doen om ons terug in Suid-Afrika te kry.”

Die Suid-Afrikaners in Viëtnam het op eie stoom met ’n aantal lugrederye in aanraking gekom om ’n vlug te probeer reël, maar volgens Van Heerden het hulle bloot nie die geld om dit te laat realiseer nie.

“Daar is omtrent 70 mense op die groep wat kaartjies op vlugte terug Suid-Afrika toe gekoop het en hul vlug noodgedwonge moes uitstel. Selfs al kon ons vlieg, is daar ’n klomp van ons wat bloot nie geld het om kaartjies te koop nie.”

Meer oor:  Viëtnam  |  Studente  |  Suid-Afrikaners  |  Koronavirus  |  Kinders
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.