Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Syfers in Oos-Kaap begin beter lyk

Die voorspelde infeksiekoers in die Oos-Kaap is besig om af te neem, en die kombinasie van deksametasoon en die vroeë toediening van suurstof het die provinsie se sterftesyfer met 30% verminder.

Só sê dr. Thobile Mbengashe, superintendent-generaal van die provinsiale gesondheidsdepartement, wat Dinsdag oor die provinsie se Covid-19-herstelsyfer gepraat het.

Oscar Mabuyane, die Oos-Kaapse premier, Tshonono Buyeye, waarnemende burgemeester van Nelson Mandelabaai, en Thomas Schaeffer, hoof van Volkswagen Suid-Afrika (VWSA). Foto: Lulama Zenzile

Hy het gepraat by ’n geleentheid waar Volkswagen Suid-Afrika (VWSA) aangekondig het dat hy R4 miljoen van die toelae van R100 miljoen van die Duitse regering af herlei het om die nasionale gesondheidslaboratoriumdiens (NHLS) in Port Elizabeth se toetsvermoë te verhoog.

Die geld is gebruik om kantoorruimte in ’n funksionerende molekulêre virologie-laboratorium te omskep.

Daar is ook geld toegeken om bykomende beskermende toerusting aan te koop vir verpleegsters en ander gesondheidswerkers wat Covid-19 aan die voorste linies takel.

Volgens Mbengashe het die toediening van deksametasoon en suurstof ’n enorme verskil gemaak. Dit beteken die getal sterftes, asook die mense wat in waakeenhede beland en geventileer moet word, het ook verminder.

Aanvanklik het ons massatoetsing en -sifting gedoen, maar nou toets ons mense wat noue kontak gehad het met iemand wat positief is en simptome van die virus toon.

Mbengashe sê die afname in nuwe infeksies het te doen met die feit dat die provinsie hul benadering verander het deur geteikende toetse toe te pas, en nie noodwendig omdat die provinsiale regering by sommige plekke toetse opgeskort het nie.

“Aanvanklik het ons massatoetsing en -sifting gedoen, maar nou toets ons mense wat noue kontak gehad het met iemand wat positief is en simptome van die virus toon.

“Ons het laboratoriums met toetse oorlaai. Meer as 330 000 mense in die provinsie is getoets, maar slegs 79 000 was positief.”

Mbengashe sê die voorspellings van hoe die virus hom gaan uitspeel in die provinsie, toon ook nou ’n verandering sedert hulle ’n verskil begin sien het in die infeksiekoers van 12 Julie af.

Daar is oorspronklik voorspel dat die provinsie se infeksies die 139 000-kerf sou bereik, dat 10 000 beddens (insluitend 3 000 beddens in die waakeenheid) benodig sou word, asook 8 000 in veldhospitale.

Oscar Mabuyane, Oos-Kaapse premier, sê die provinsie se herstelsyfer is 98,6%. Dit sluit al die distrikte in.

Volgens Mabuyane het die daaglikse infeksiesyfers verminder tot minder as 1 000 nuwe infeksies in al die distrikte per dag.

Die beskermende drag wat oorhandig is aan die provinsiale gesondheidsdepartement sluit in N95-maskers (50 000), oorpakke (65 000), handskoene (2 miljoen), en gesigskerms (1 000).

Die NHLS in Port Elizabeth sal sy toetsvermoë van 1 500 tot 3 000 toetse per dag kan verhoog. Daar is tans geen agterstand in Nelson Mandelabaai wat toetsuitslae betref nie.

Meer oor:  Koronavirus  |  Oos-Kaap  |  Covid-19  |  Infeksiekoers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.