Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Talle van SA nog in buiteland

’n Ma en pa wat nie weet wanneer hulle hul drie kinders weer gaan sien nie, is onder die Suid-Afrikaners wat steeds in ander lande vasgekeer is.

Lee-Ann en Jouberto Machelm saam met vriende in Phuket.

Van die mense wat wel uit hoërisiko-lande kon terugkom, is glo nie vir Covid-19 getoets of onder kwarantyn geplaas nie.

Lee-Ann Machelm en haar man, Joberto, is van 19 Maart in Phuket, Thailand. Hul kinders van 10, 12 en 16 het in Kaapstad agtergebly.

“Ek het vir die reisagent gevra of dit veilig is om steeds te reis en hy het my verseker niks sal verkeerd gaan nie.”

Al hul pogings om in Suid-Afrika te kom voordat die staat van inperking ingetree het, het misluk. “Ons het elke moontlike reisagent gebel, uitgereik na die ambassade en selfs gekyk vir opsies aanlyn, maar niks of niemand kon help nie.”

Die byna 60 lede van die WhatsApp-groep vir Suid-Afrikaners in Thailand ondersteun mekaar deurentyd.

In Rome is daar 63 Suid-Afrikaners nadat die passasierskepe waarmee hulle gereis het in Italiaanse hawens vasgemeer het.

Vier passasiers van die MS Costa Luminosa is positief vir Covid-19 getoets. Een van hulle is intussen dood. Die 48 Suid-Afrikaners op die skip is onder kwarantyn in ’n hotel in Rome.

Van die 168 Suid-Afrikaners wat op die MS Costa Pacifica was, kon 153 huis toe kom. Die ander het gehoop om Donderdag terug te vlieg, maar toe het geen vlugte meer vertrek nie.

Debbie Windell (48), een van die mense wat nog daar is, sê Costa, die maatskappy wat die plesierbote bestuur, het hul reisplanne verkeerd gereël.

Sy sê die hotel se restaurant is gesluit en hulle kry net karige kospakkies. Donderdagaand het hulle elkeen net ’n snytjie kaas en ’n snytjie ham saam met ’n bottel water gekry.

Die 153 wat teruggekeer het, is almal net gevra om hulself te isoleer, sonder enige toetse.

In Miami in die VSA is twee vroue, een van Kaapstad en een van Johannesburg, steeds saam met ander werknemers op ’n luukse passasierskip.

Die Kaapse vrou, wat nie geïdentifiseer word nie uit vrees dat sy haar werk kan verloor, sê mense word “stuk-stuk” huis toe gestuur. “Niemand weet wie is volgende nie.”

Sy vind die huidige situasie erger as toe die skip verlede jaar in ’n tropiese sikloon was.

Die skip word skoongemaak en hul temperatuur word daagliks geneem. Daar is ook twee dokters en verpleegsters.

Prof. Willem Landman (71) van Stellenbosch het aan Rapport geskryf sy dogter, skoonseun en tweejarige kleinkind het Maandag van Londen in Suid-Afrika aangeland.

Drie dae tevore het Fikile Mbalula, minister van vervoer, gesê passasiers van hoërisiko- lande sal onder kwarantyn geplaas word, maar dit het nie met dié gesin gebeur nie.

“Wat kan ons glo van die regering se maat­reëls rondom die koronavirus,” vra Landman.

Nóg Mbalula se persoonlike nóg sy departementele woordvoerders het op navrae gereageer. Rapport se navraag aan die departement van internasionale betrekkinge en samewerking is ook nie beantwoord nie.

Meer oor:  Rome  |  Londen  |  Thailand  |  Miami  |  Covid-19  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.