Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Te vroeg om inperkings in W-Kaap op te hef, sê ANC

Die ANC in die Wes-Kaap het Woensdag kommer uitgespreek oor die provinsiale regering se versoek dat die inperkings op vlak 3 verslap word, en meen dat dit voortydig is.

Derrick America, DA-woordvoerder oor plaaslike regering in die Wes-Kaap. Foto: wcpp.gov

Cameron Dugmore, ANC-leier in die Wes-Kaapse wetgewer, het in ’n mediavergadering gesê die tweede vlaag in die Covid-19-pandemie het sorgwekkende vlakke in die provinsie gehaal en kommer uitgespreek dat die premier die gevolgtrekking maak dat dié vlaag verby is.

“Onthou die premier het ook die Hospitaal van Hoop in Kaapstad se konferensiesentrum gesluit op die gronde dat ons oor die ergste is. Tog het ons ’n tweede vlaag en is daar die moontlikheid van selfs ’n derde en vierde vlaag.”

Volgens hom is die premier, Alan Winde, se versoek aan die minister van gesondheid voortydig.

“Natuurlik moet ons die uitwerking op lewens en lewensmiddele in ag neem, maar op vlak 3 word die ekonomie nie gesluit nie, net sekere sektore soos drank en toerisme.”

Volgens Dugmore moet daar ook in gesprek getree word met die sektore wat die swaarste geraak word.

Winde het Dinsdag gesê nadat die piek van die tweede vlaag in die Wes-Kaap bereik is, het hy versoek dat die sluiting van die strande en die verbod op drankverkope opgehef word en die aandklokreël later begin.

Lees ook hier.

Hy het op sy weeklikse aanlyn mediavergadering egter beklemtoon dat die provinsiale regering nie vra dat die inperkings in geheel opgehef word nie en steeds die toestande deurlopend sal monitor.

Die Wes-Kaapse regering het onder meer gevra dat die

aandklokreël na 23:00 tot 04:00 verander en dat drankverkope vir gebruik van die perseel af van Maandag tot Donderdag toegelaat word.

Cameron Dugmore, ANC-leier in die Wes-Kaapse wetgewer. Foto: Malherbe Nienaber

Daarby vra hy dat verkope op wynplase oor naweke hervat moet word en drankgebruik op gelisensieerde persele toegelaat word

Derrick America, DA-woordvoerder oor plaaslike regering in die Wes-Kaap, het Woensdag gesê die party steun dié stap en munisipaliteite in die provinsie is gereed vir ’n verslapping van die inperkings.

America het die sluiting as ’n lomp maatreël beskryf, “wat niks bydra om lewens en lewensmiddele te ondersteun nie”.

“Dit is nou ’n kwessie van prioriteit dat ons inperkings vir die welstand van die ekonomie, ondernemings en inwoners verantwoordelik verslap.”

Hy het ’n beroep gedoen op die nasionale regering om te begin deur die Tuinroete nie meer as ’n brandpunt te beskou nie en ’n gedifferensieerde benadering tot die provinsies te volg.

Die Tuinroete het reeds voor die res van die provinsie sy piek bereik en ’n afname in gevalle, hospitalisasies en sterftes getoon, luidens voorleggings van die provinsiale departement van gesondheid.

Meer oor:  Cameron Dugmore  |  Alan Winde  |  Pandemie  |  Opheffing  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.