Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Testikulêre kanker: Faf leer mans ‘balvaardighede’

Faf de Klerk se “Springbroekie” is nie net daar vir die mooi nie – hy span dit nou in om mans aan te moedig om hul testikels te ondersoek.

De Klerk, die Springbokskrumskakel wat so graag balle skop, het ’n foto van hom in sy nou reeds beroemde Speedo met die landsvlag daarop op sosiale media gedeel en sê mans moet ballsy genoeg wees om “hul balle” te ondersoek.

“Testikulêre kanker kan genees word indien dit vroeg gevang en behandel word! Gaan kyk na die #FafChallenge vir belangrike wenke oor hoe jy seker kan maak jou balvaardighede is goed,” skryf De Klerk op Twitter.

Hy gee ’n skakel na  fafchallenge.com waar hy ietwat tong in die kies rugby-terminologie gebruik om te verduidelik presies hóé om jou testikels te ondersoek.

“Moenie dit op-Faf nie. Wees ballsy genoeg om jou kroonjuwele te ondersoek. #FafChallenge,” skryf De Klerk.

Hy verduidelik stap vir stap hoe om die ondersoek te doen. Die eerste stap is die “opwarming” – die beste tyd om die ondersoek te doen is ná ’n warm bad of stort.

“Soek vir enige swelling, vreemde knoppe, ongemak of pyn.”

Indien jy enigiets ongewoon opmerk, gaan spreek jou dokter, sê De Klerk.

“Moenie die bal laat val nie,” vra hy.

De Klerk het ook ’n beroep op Bokkaptein, Siya Kolisi, en die res van sy spanmaats gedoen om in hul Speedo’s te klim en ’n foto van hulself op sosiale media te deel om dié belangrike boodskap te versprei.

November is al die afgelope paar jaar ’n maand waarin bewusmaking oor testikulêre en prostaatkanker gedoen word as deel van die wêreldwye Movember-beweging waarin mans hul snorre laat groei om bewusmaking hieroor te bevorder.

Die Springbokspeler Faf de Klerk doen ’n beroep op mans om hul testikels te ondersoek. Foto: Twitter/Faf de Klerk
Meer oor:  Faf De Klerk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.