Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Tjoekie toe as jy die reëls breek

In China is dit tronksake as jy die inperking probeer omseil, en almal moet kragtens wet maskers dra.

Melissa Redelinghuys (31)

So vertel Melissa Redelinghuys (31), ’n kleuterskoolonderwyseres van Potchefstroom wat in Changzhou, China, skoolhou.

Sy is pas ontslaan uit ’n plek waar sy onder kwarantyn moes bly nadat sy uit Suid-Afrika teruggekeer het.

Redelinghuys het in Januarie weens die “komende pandemie” by haar ouers in Hartenbos kom bly. “My skool het my in Maart gevra om terug te kom. Dit was die regte ding om te doen omdat hulle my nog die hele tyd betaal het. Toe vlieg ek 18 Maart terug na China.”

Redelinghuys moes sowat ’n week ná haar aankoms in China na ’n hotel gaan wat in ’n plek van kwarantyn omskep is.

“Selfs in jou woonstel is die Chinese baie streng oor inperking. ’n Plakker word aan die buitekant van jou deur geplak sodat hulle kan sien of jy die plek probeer verlaat het. As jy uitgaan wanneer jy nie mag nie, is dit tronksake.”

Toe sy hoor sy moet na ’n plek gaan waar sy in kwarantyn sou wees, het sy veral kos ingepak.

Sy het swaar gesluk aan dit wat hulle bedien het. “Die kos bestaan uit rys sonder sout, varklewer, -hart of -maag en spinasie net so opgekook in water. Ook kool sonder sout.”

Sy het in ’n kamer van 3 m by 3 m gebly. “Ek is elke oggend voor 07:00 wakker gemaak en het ’n skottel met ontsmettingsmiddel gekry waarmee ek my kamer moes skoonmaak.”

Nadat sy ’n tweede keer negatief getoets het, kon sy na haar woonstel terugkeer.

“Ek is basies nou net weer in kwarantyn. Iemand sal laat weet wanneer ek mag uitgaan.”

Meer oor:  China  |  Kwarantyn  |  Covid-19  |  Inperkingsregulasies  |  Coronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.