Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Toere in Kango-grotte opgeskort

Toere in die Kango-grotte in Oudtshoorn is weens die Covid-19-virussiekte van Woensdag tot 1 April opgeskort.

Die munisipaliteit het bekend gemaak dat sy burgemeester, Colan Sylvester, verlede Dinsdag op ’n spesiale raadsvergadering ’n mosie ter tafel gelê het om dienste by die grotte op te skort.

“Dit beteken geen toere sal plaasvind nie,” sê Ntobeko Mangqwengqwe, ’n munisipale woordvoerder.

Geen gevalle van die virus by die grotte is nog aangemeld nie.

Die Kango-grotte Foto: Verskaf

Volgens Sylvester geniet die besoekers en personeellede se veiligheid die hoogste prioriteit. Die situasie word gemonitor en indien nodig sal die besluit heroorweeg word. Die grotte ontvang jaarlikse sowat 250 000 besoekers.

Riglyne soos deur die nasionale en provinsiale owerhede voorgeskryf, word sedert die aanvang van die siekte by die Kango-grotte gevolg.

Onlangs is ook die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) en die Suid-Afrikaanse tweekamp-kampioenskappe, wat vandeesmaand ook in die dorp sou plaasvind, uitgestel. Twee konserte sou ook vanjaar vir die eerste keer sedert 1996 as deel van die KKNK in die grotte aangebied word. Die een sou deur Karen Zoid en die ander deur die pianis Charl du Plessis wees.

Toeriste wat voorafbetaalde besprekings gemaak het, kan 044 272 7410 tussen 09:00 en 16:00 skakel. Die besprekings sal herskeduleer word vir ’n ander datum of mense sal hul geld terugkry.

Meer oor:  Oudtshoorn  |  Opgeskort
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.