Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Toergids kry 2de keer Covid-19-virus

’n Toergids op ’n bus in Japan het die gevreesde Covid-19-virus vir ’n tweede keer opgedoen.

’n Man met ’n gesigmasker stap verby ’n vertoonbord vir die Olimpiese Spele wat later vanjaar in Japan aangebied word. Foto: Reuters

Dié voorval is deur die plaaslike owerheid in Osaka, waar die vrou woon, bekend gemaak.

Dit is die eerste keer dat iemand in Japan vir die tweede keer siek word van die virus wat al hoe verder in die land versprei.

Daar is wel al mense in China wat vir ’n tweede keer weens die virus siek geword het.

Die middeljarige vrou het borspyne gekry en ’n seer keel. Sy is die eerste keer in Januarie vanjaar met die virusinfeksie gediagnoseer. Sy is op 1 Februarie uit die hospitaal ontslaan.

Katsoenoboe Kato, minister van gesondheid, sê die regering sal pasiëntlyste moet nagaan en sy oog hou op mense wat herstel het van die infeksie, maar dit dan weer kry.

“As jy eers een keer die infeksie het, kan dit dormant bly met die minimum simptome, net om later weer die longe aan te tas,” sê prof. Philip Tierno jr., ’n mikrobioloog.

Volgens hom is daar nog baie wat nie oor die virus bekend is nie. “Ek is nie seker of dit ’n dubbelfase het nie, soos antraks, byvoorbeeld.”

Tierno sê as die virus nie gou getem word nie, glo hy sal die Olimpiese Spele uitgestel moet word. “Daar is baie mense wat nie verstaan hoe maklik die infeksie van een mens na ’n ander versprei nie.”

Daar is reeds planne om die afloswedloop met die Olimpiese vlam af te skaal, sê Tosjiro Moeto, besturende direkteur van Tokyo 2020.

Die regering oorweeg ook om die jaarlikse herinneringseremonie aan slagoffers van die massiewe aardbewing en tsoenami van 2011 af te skaal, het Josjihide Soega, die kabinet se hoofsekretaris, Donderdag aan verslaggewers gesê.

Hoewel die Covid-19-virus oor die wêreld heen en al sy vastelande versprei, behalwe Antarktika, het die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) dit nog nie tot ’n pandemie verklaar nie. Kenners meen wel mense moet hulle op so ’n aankondiging voorberei.

Vir die eerste keer in die geskiedenis het Saoedi-Arabië alle vreemdelinge van buite die land verbied om op pelgrimsreise na Mekka en Medina te gaan.

Net inwoners van die land mag die heilige plekke van Islam besoek.

’n Twiet van Saoedi-Arabië lui: “Mag God die hele mensdom beskerm teen gevaar.” Reuters, CNN

Meer oor:  China  |  Japan  |  Koronavirus  |  Covid-19-Virus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.