Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Toerismebedryf ‘saai verwarring’ oor regulasies

Die departement van toerisme het na belanghebbendes in die toerismebedryf gekap wat “verwarring saai” deur te verkondig dat vakansiegangers ingevolge ’n nuwe regulasie by hotelle en gastehuise mag tuisgaan.

Dít kom nadat Nkhensani Kubayi-Ngubane, minister van toerisme, Vrydag op ’n mediakonferensie gesê het die nuwe regulasie waarvolgens mense hul huis vir die plesier mag verlaat, mense net toelaat om vir die lekker in hul motor rond te ry.

Dit is in teenstelling met Lungi Mtshali, woordvoerder van die departement van samewerkende regering en tradisionele sake, wat vroeër gesê het dié regulasie is bygevoeg sodat mense onder meer restaurante en rolprentteaters mag besoek.

Verskeie reisagentskappe glo egter ingevolge die regulasie mag mense binne provinsiale grense vir vakansie by gelisensieerde hotelle en gastehuise tuisgaan.

Die verwarring is veroorsaak toe die bedryf sy eie aankondigings gedoen het.

Derek Hanekom, oudminister van toerisme, het boonop Vrydag in ’n reeks twiets laat blyk dat hy laasgenoemde siening deel.

Ingevolge regulasie 33 (h) wat verlede week deur dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, gepubliseer is, mag mense nou ook hul woning verlaat vir “reis vir ontspanningsdoeleindes soos toegelaat onder vlak 3”.

Ingevolge regulasie 39 (2)(e) word dit uitdruklik gestel dat “verblyfondernemings wat nie formeel geakkrediteer en gelisensieer is nie, soos private wonings vir betaalde ontspanningsverblyf”, nie mag heropen nie.

Verskeie reisagentskappe dink bogenoemde regulasies kan geïnterpreteer word deur te bedoel dat gelisensieerde gastehuise en hotelle op vlak 3 van die inperking binne provinsiale grense vakansieverblyf mag bied.

Hlengiwe Nhlabathi, woordvoerder van die departement van toerisme, sê egter die regulasies is duidelik dat hotelle en gastehuise slegs noodsaaklike werkers en sakereisigers mag inneem.

“Die verwarring is veroorsaak toe die bedryf sy eie aankondigings gedoen het,” het Nhlabathi Maandag gesê.

Theresa Emerick, besturende direkteur van die aanlyn besprekingsdiens NightsBridge, glo egter dat gastehuise en bed-en-ontbyt-plekke ingevolge die nuwe regulasie tegnies nie onwettig optree deur in bepaalde omstandighede vakansiegangers in te neem nie.

“Die hele bedryf het deur Junie saamgewerk om veiligheidsmaatreëls te ontwikkel om die regering te oortuig dat ons veilig kan heropen. Ons was almal verslae toe die minister in vraetyd ’n antwoord gee dat mense nie vir die plesier plek by hotelle mag bespreek nie,” sê sy.

“Buitendien is dit ’n klein vergunning om toe te laat dat vakansiegangers in ’n provinsie verblyf mag bespreek aangesien mense steeds nie tussen provinsies vir plesier mag reis nie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.