Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Toetse minder oor nuwe strategie

Die getal toetsuitslae wat deur die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) aangemeld is, het die afgelope week skerp gedaal.

In die week van 20 tot 26 Julie het Nios gemiddeld 25 241 toetse per dag in die private sektor aangemeld en 17 901 per dag in die openbare sektor.

Die afgelope week (27 tot 30 Julie) het die gemiddelde getal toetse in die private sektor tot 20 049 per dag gedaal. Toetse in die staatsektor het tot 16 019 gedaal.

Mzi Gcukumana, woordvoerder van die nasionale gesondheidslaboratoriumdiens, het gesê die getal toetse wat aangemeld word, het begin afneem vanweë die verandering van die toetsstrategie.

Waar die regering aanvanklik ’n massatoetsstrategie gevolg het, fokus hy nou op pasiënte wat in die hospitaal is, gesondheidswerkers en mense met onderliggende siektetoestande wat Covid-19-simptome toon.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.